dcsimg
Image of weeping lovegrass
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » True Grasses »

Weeping Lovegrass

Eragrostis curvula (Schrad.) Nees

Growwevleigras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die growwevleigras [1] (Eragrostis curvula (Schrad.) Nees) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika en deur die hele land, behalwe in dele van die Noord-Kaap soos Namakwaland en Boesmanland, algemeen aangetref word. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. [2]

Dit is 'n meerjarige polgras met 'n wortelstok. Die blare is lank en blougroen. Die aartjies is klein olyfgroen en onopvallend. Die plant kan 1,2 m hoog word. Dit het verlengde afgeplatte stekeltjies wat 4 - 13 klein blommetjies bevat. Die spesie is in die Verenigde State ingevoer om in die suidweste erosie teen te staan en word in Florida, Georgia en Suid-Carolina as indringerspesie beskou.[3]

Virus

E. curvula is gasheer vir 'n plantvirusspesie wat eers in 2008 geïsoleer is, die Eragrostis curvula streak virus wat die nuwe genusnaam Eragrovirus gekry het. Dit behoort tot die Geminiviridae van die ssDNA-virusse.[4]

Fotogalery

Beweiding

Dit het 'n hoë weidingswaarde:

EIW SWIW LnregWIW Weidingsindekswaarde[5] 7 6.7 3.47

Verwysings

  1. ook: oulandsgras, bergsoetgras, digsaad, renostergras, vleigras, soetgras. Die naam growwevleigras word ook vir knietjiesgras gebruik.
  2. SANBI-rooilys.
  3. invasive plants atlas.
  4. uniprot.org.
  5. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Growwevleigras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die growwevleigras (Eragrostis curvula (Schrad.) Nees) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika en deur die hele land, behalwe in dele van die Noord-Kaap soos Namakwaland en Boesmanland, algemeen aangetref word. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n meerjarige polgras met 'n wortelstok. Die blare is lank en blougroen. Die aartjies is klein olyfgroen en onopvallend. Die plant kan 1,2 m hoog word. Dit het verlengde afgeplatte stekeltjies wat 4 - 13 klein blommetjies bevat. Die spesie is in die Verenigde State ingevoer om in die suidweste erosie teen te staan en word in Florida, Georgia en Suid-Carolina as indringerspesie beskou.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF