Die Rivier-dikkop (Glossogobius callidus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf Mosambiek tot by Swartvlei in die Wes-Kaap.
Die kop is ietwat plat met 'n lang snoet en 'n gepunte stertvin. Die vis deurskynend bruin kleurig met swart x-merke op die sye. Daar is ook 'n swart kol op die agterste membraan van die eerste dorsale vin. Die vis word tot 120 mm lank.
Die vis leef in poele op die bodem tussen rotse of plantegroei. Hulle vreet insekte en ongewerweldes en broei in die somer. Hulle eiers is ovaalvormig.
Die Rivier-dikkop (Glossogobius callidus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf Mosambiek tot by Swartvlei in die Wes-Kaap.