'n Rooinerfie (of Red-veined Dropwing soos dit in Engels bekend staan), is 'n naaldekoker, Trithemis arteriosa, en behoort tot die familie van Libellulidae.[2]
Liggaamslengte: 32–36 mm. Agtervlerklengte: 26–27.5 mm. Die mannetjies is rooi met bloedrooi oë. Die voorrste gedeelte van die toraks is rooi met swart strepe aan die kante; die mannetjies het soms 'n pers gedeelte bo-op die toraks. Die vlerke het helderrooi are en ligte oranje spatsels aan die basisse van al vlerke. Die skraal agterlyf is helderrooi en die swart wigvorms langs die punt van die agterlyf is een van die duidelikste kenmerke. Die wyfies het soortgelyke kenmerke as die mannetjies, maar is geel tot geelbruin, nie rooi nie.[2]
Die Rooinerfie is een van die mees wydverspreide en algemene naaldekokers in Afrika, die suide van Europa en die Arabiese Skiereiland. Die verspreidingsgebied strek tot by Turkye, Crete in Griekeland en Iran.[1]
Dit kom by varswater damme en mere voor, asook by permanente poele in droeë rivierbeddings, langs besproeiing kanale, en naby groot riviere.[1]
|coauthors=
geïgnoreer (help) 'n Rooinerfie (of Red-veined Dropwing soos dit in Engels bekend staan), is 'n naaldekoker, Trithemis arteriosa, en behoort tot die familie van Libellulidae.