Die Omsambeet (Millettia grandis) is 'n middelgroot boom met 'n platterige kroon. Dit is endemies aan Suid-Afrika en groei in woude en grasryke streke langs die kus noord van Oos-Londen tot net noord van Durban. Die boom se peule is bedek met kort, fluweelagtige haartjies. Wanneer die peule oopbars, bars hulle spiraalgewys oop en versprei hul saad sowat 20–30 m ver. Die blomare is lilapers van kleur.
'n Omsambeet in Pretoria.
Stam van 'n Omsambeet in KwaZulu-Natal.