dcsimg

Kusgousblom ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Kusgousblom (Arctotis stoechadifolia P.I. Bergius) is 'n blomplant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit is een van de vele blomplante wat met gousblom aangedui word. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys en dit kom in die Wes-Kaap voor,[1] veral langs die kus tussen Langebaan en Kaapstad. Dit vorm aan die kus silwergrys matte op die grond wat meer as 'n meter breed kan word en 35 cm hoog kan word. Dit kry madeliefieblomme in die lente wat roomwit of liggeel kan wees. Soos by al die Arctotis-spesies gaan die blomme in sonlig oop en buig die blomhoofies neer as sy saad gaan vorm. Hierdie spesies word dikwels in tuine gebruik en is in verskillende kleure beskikbaar. In Kalifornië en Australië het dit indringerstatus gekry.[2]

Die beweidingskapasiteit is gering:

EIW SWIW LnregWIW Weidingsindekswaarde[3] 1 1.5 1.12

Verwysings

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF