Bloupolgras[1] (Eragrostis truncata Hack.) is inheems aan Namibië, Botswana en Suid-Afrika. Dit kom veral in die oostelike Nama-Karoo voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[2]
Dit het 'n kort en vertakte wortelstok en dit is 'n meerjarige plant wat polle of matte vorm.[3]
In die Gemsbokpark word dit dit op rivierterrasse langs die Nossob aangetref, saam met grasse soos Enneapogon desvauxii, Stipagrostis obtusa, Eragrostis echinochloidea, Sporobolus rangei en Schmidtia kalahariensis. Ook op panvloere kom dit voor.[4]
Dit is 'n soetgras wat ook in die droë wintermaande smaaklik bly, wanneer die suurgrasse onsmaaklik en onvoedsaam raak.[5]
Dit is smaaklik en taamlik geskik vir beweiding:
EIW SWIW LnregWIW Weidingsindekswaarde[6] 7 4.3 3.01
Bloupolgras (Eragrostis truncata Hack.) is inheems aan Namibië, Botswana en Suid-Afrika. Dit kom veral in die oostelike Nama-Karoo voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.
Dit het 'n kort en vertakte wortelstok en dit is 'n meerjarige plant wat polle of matte vorm.
In die Gemsbokpark word dit dit op rivierterrasse langs die Nossob aangetref, saam met grasse soos Enneapogon desvauxii, Stipagrostis obtusa, Eragrostis echinochloidea, Sporobolus rangei en Schmidtia kalahariensis. Ook op panvloere kom dit voor.