Die Koeniebos (Searsia undulata) is 'n boom of struik wat in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika, maar nie endemies nie.
Dit is 'n immergroen struik of kleine boom wat in halfwoestyn of karooagtige gebiede gevind kan word. Die takke eindig dikwels in stywe spore en die pinnas is haarloos en dikwels bedek met blink uitsweetstof. Die blare is donkergroen met 'n gelakte glansende uitsig. Hulle is dikwels merkbaar golwend en word in die tradisionele geneeskuns aangewend.[1]
Die struik bereik 'n hoogte van 3 meter. Hulle kan uit sade verkry en in tuine aangeplant word, maar die temperatuur moet bokant 9 oC bly.[2]
Die Koeniebos (Searsia undulata) is 'n boom of struik wat in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika, maar nie endemies nie.
Dit is 'n immergroen struik of kleine boom wat in halfwoestyn of karooagtige gebiede gevind kan word. Die takke eindig dikwels in stywe spore en die pinnas is haarloos en dikwels bedek met blink uitsweetstof. Die blare is donkergroen met 'n gelakte glansende uitsig. Hulle is dikwels merkbaar golwend en word in die tradisionele geneeskuns aangewend.
Die struik bereik 'n hoogte van 3 meter. Hulle kan uit sade verkry en in tuine aangeplant word, maar die temperatuur moet bokant 9 oC bly.