dcsimg

Grootblaarsekelbos ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Grootblaarsekelbos (Dichrostachys cinerea subsp. nyassana) is 'n klein boompie (tot 5 m hoog) of 'n vertakte struik. In Suid-Afrika word dit aangetref in Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Dit is volop in grasryke bosveld en in die Krugerwildtuin waar dit in die westelike graniet en sanderige gedeeltes voorkom. Dit is 'n dominante boom in die Pretoriuskoparea.

Die 4 cm lange blom-aar se pienk gedeelte bestaan uit onvrugbare blomme en die geel gedeelte uit vrugbare tweeslagtige blomme. Die plat, donkerbruin peule kan tot 10 cm lank en 1 cm breed word. Hulle bars nie oop nie en val in trosse af.

Die hout is soortgelyk aan subsp. africana. Touwerk word van die lewende bas gemaak, die stamme word as houtpale vir omheinings gebruik en 'n infusie van die bas en wortels word medisinaal gebruik. Die peule is baie voedsaam en word deur grootvee en wild gevreet.

Sien ook

Bronne

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Grootblaarsekelbos: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Grootblaarsekelbos (Dichrostachys cinerea subsp. nyassana) is 'n klein boompie (tot 5 m hoog) of 'n vertakte struik. In Suid-Afrika word dit aangetref in Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Dit is volop in grasryke bosveld en in die Krugerwildtuin waar dit in die westelike graniet en sanderige gedeeltes voorkom. Dit is 'n dominante boom in die Pretoriuskoparea.

Die 4 cm lange blom-aar se pienk gedeelte bestaan uit onvrugbare blomme en die geel gedeelte uit vrugbare tweeslagtige blomme. Die plat, donkerbruin peule kan tot 10 cm lank en 1 cm breed word. Hulle bars nie oop nie en val in trosse af.

Die hout is soortgelyk aan subsp. africana. Touwerk word van die lewende bas gemaak, die stamme word as houtpale vir omheinings gebruik en 'n infusie van die bas en wortels word medisinaal gebruik. Die peule is baie voedsaam en word deur grootvee en wild gevreet.

 src=

Blomme

 src=

Blom

 src=

Sade

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF