dcsimg

Clanwilliam-rooivlerkie ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Clanwilliam-rooivlerkie (Barbus calidus) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Olifantsrivier in die Namakwaland van die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Clanwilliam redfin.

Voorkoms

Die vis se kop is gepunt met groot en daar is ook twee baarde om die mond. Die vis is bruin aan die bokant, silwer aan die onderkant met 'n breë donker band wat horisontaal strek oor die lyf vanaf die kieue tot by die stert. Daar is onreëlmatige donker kolle op die bokant van die vis. Die basis van die vinne is helderrooi. Die vis word 82 mm lank.

Habitat en broeigedrag

Die vis leef in groot, diep poele in helder strome. Hulle vreet hoofsaaklik insekte wat hulle vang op die wateroppervlakte. Gedurende die broeiseisoen in die somer, ontwikkel beide geslagte tuberkels op die kop en rug.

Bewaring

Die spesie is bedreigd en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Hul grootste vyand is die uitheemse baars, familie Micropterus.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Clanwilliam-rooivlerkie: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Clanwilliam-rooivlerkie (Barbus calidus) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Olifantsrivier in die Namakwaland van die Wes-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Clanwilliam redfin.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF