dcsimg

Sebrahaai ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die sebrahaai (Stegostoma fasciatum) is 'n haai wat in westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan voorkom. Meer spesifiek, dit kom voor aan die ooskus van Suid-Afrika, noordwaarts vanaf Durban. In Engels staan dit bekend as die Zebra shark. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Voorkoms

Die haai het lang, slanke lyf met die breë stert wat langer is as sy liggaam. Bo-op die liggaam is longitudinale riwwe en die haai kan tot 3,5 m lank word. Volwasse haaie is geel of wit met donker vertikale strepe of donker kolletjies op die lyf. Die onvolwasse visse is donkerbruin tot swart. Hulle kom voor by koraal- en rotsriwwe tot op 'n diepte van 30 m. Die haai is ovipaar.

Leefwyse

Die haai is 'n bodem bewoner en alleenloper; dit word dikwels gesien waar dit rus op die sand naby riwwe. Hulle vreet snags en vreet hoofsaaklik weekdiere, ongewerweldes en klein vissies. Die haai is nie aggressief nie, is skaars en word dikwels vergesel deur remora's.

Sien ook

Bronne

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. Pillans, R. and Simpfendorfer, C. (2003). Stegostoma fasciatum. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 12 Mei 2009.

Eksterne skakel

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Sebrahaai: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die sebrahaai (Stegostoma fasciatum) is 'n haai wat in westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan voorkom. Meer spesifiek, dit kom voor aan die ooskus van Suid-Afrika, noordwaarts vanaf Durban. In Engels staan dit bekend as die Zebra shark. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF