dcsimg

Walrus ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die walrus (Odobenus rosmarus) is 'n groot seesoogdier wat tot die superfamilie Pinnipedia van die roofdierorde Carnivora behoort.

Daar is twee subspesies:

Die walrus is die enigste lewende spesie van die familie Odobenidae wat fossiel sedert die middel-mioseen bekend is (14 mj). Hierdie familie het uit twee subfamilies bestaan, die Odobeninae wat naas die huidige walrus ses ander genera bevat het en die Dusignathinae wat vier genera bevat het.[1]

Dit is 'n groot dier wat 1 000 kg swaar kan word. Dit het paddavoete, 'n kort snoet, klein oogies, snorbaarde en groot slagtande en hulle hare is kaneelbruin van kleur. Die mannetjie het spesiale lugsakke wat gebruik word om 'n klokagtige geluid te maak. Beide mans en vrouwens het slagtande wat vir verdediging gebruik word of om deur die ys te hak of hulle uit die water op te hys. Hulle vreet skulpdiere soos mossels en ander bentiese organismes wat met hul snorbaard opgespoor word. Daar is ongeveer 250 000 walrusse in die wêreld waarvan meer as 200 000 in die Stille Oseaan. Dié getalle het herstel nadat daar minder op julle gejag is.[2]

Sien ook

Verwysings

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Walrus: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die walrus (Odobenus rosmarus) is 'n groot seesoogdier wat tot die superfamilie Pinnipedia van die roofdierorde Carnivora behoort.

Daar is twee subspesies:

O. r. rosmarus wat in die noordelike Atlantiese Oseaan voorkom. O. r. divergens wat in die noordelike Stille Oseaan voorkom.

Die walrus is die enigste lewende spesie van die familie Odobenidae wat fossiel sedert die middel-mioseen bekend is (14 mj). Hierdie familie het uit twee subfamilies bestaan, die Odobeninae wat naas die huidige walrus ses ander genera bevat het en die Dusignathinae wat vier genera bevat het.

Dit is 'n groot dier wat 1 000 kg swaar kan word. Dit het paddavoete, 'n kort snoet, klein oogies, snorbaarde en groot slagtande en hulle hare is kaneelbruin van kleur. Die mannetjie het spesiale lugsakke wat gebruik word om 'n klokagtige geluid te maak. Beide mans en vrouwens het slagtande wat vir verdediging gebruik word of om deur die ys te hak of hulle uit die water op te hys. Hulle vreet skulpdiere soos mossels en ander bentiese organismes wat met hul snorbaard opgespoor word. Daar is ongeveer 250 000 walrusse in die wêreld waarvan meer as 200 000 in die Stille Oseaan. Dié getalle het herstel nadat daar minder op julle gejag is.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF