dcsimg
Image de Stenopus Latreille 1819
Life » » Animaux » » Arthropodes » » Multicrustacea » Malacostraca » » Decapoda » » Stenopodidae »

Grande Crevette Nettoyeuse

Stenopus hispidus (Olivier 1811)

Gestreepte skoonmakergarnaal ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Gestreepte skoonmakergarnaal (Stenopus hispidus) is 'n skoonmaker garnaal wat voorkom in alle tropiese riwwe; ook in die waters van die noorde van KwaZulu-Natal tot op dieptes van 200m. In Engels staan die seedier bekend as die Banded cleaner shrimp.

Die seedier word tot 50 mm lank; die mannetjie is kleiner as die wyfie. Dit is deursigtig met rooi en wit strepe oor die bene en lyf. Die derde stel loop bene is dik met knypers terwyl die ander bene dun is. Die basis waar die derde paar bene heg aan die lyf is blou. Hulle kom gewoonlik in pare voor en word soms gevind waar hulle onderste bo hang. Die seedier wag in skeure of onder lyste om vis skoon te maak; hulle trek aandag deur hul vier wit antennas te waai. Hulle verwyder dan parasiete, fungi en beskadigde vlees wat geëet word. Hulle bly gewoonlik in kontak met die rots maar gaan soms in die monde en kiue van visse in.

Die seedier kom akgemeen voor.

Verwysings

  1. Charles Fransen (2010). "Stenopus hispidus (Olivier, 1811)". World Register of Marine Species. Besoek op June 11, 2011.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Gestreepte skoonmakergarnaal: Brief Summary ( afrikaans )