Die Speke se skarnierskilpad (Kinixys spekii) is 'n skilpad wat in die Limpopoprovinsie, Laeveld en Mpumalanga voorkom. Die skilpad word 17 tot 20 cm lank en weeg tot 1,5 kg. Dit kom redelik algemeen voor. Die skilpad is middelgroot met 'n afgeplatte rugdop wat 'n opvallende skarnier het wat die kruis beskerm. Die skilpad hiberneer in die winter. Hulle vreet bessies, gras, slakke en duisendpote.

Dié een is naby Skukuza in die Krugerwildtuin afgeneem. Nog een is naby Malalane, ook in die Krugerwildtuin, betrap.