Die tristanlyster (Turdus eremita) is 'n sangvoël in die familie van lysters (Turdidae). Hierdie voëls is oranjebruin van kleur en het donkerbruin spikkels.
Daar is drie subspesies wat op verskillende eilande in die Suid-Atlantiese Oseaan voorkom:
Tristanlysters is opportunistiese omnivore wat op bessies, erdwurms en ander ongewerwelde diere voed. Hulle aas ook die eiers en kuikens van ander voëlspesies, soos van die Inaccessible-eilandriethaan.
Die spesie broei van September tot Februarie. Die nes word op of naby die grond gebou en is van gras en ander plantmateriaal geweef. Die wyfie lê twee, drie of soms vier eiers. Die kuikens verlaat die nes na ongeveer 20 dae.
Die tristanlyster (Turdus eremita) is 'n sangvoël in die familie van lysters (Turdidae). Hierdie voëls is oranjebruin van kleur en het donkerbruin spikkels.
Daar is drie subspesies wat op verskillende eilande in die Suid-Atlantiese Oseaan voorkom:
T. e. eremita op Tristan da Cunha T. e. gordoni op Inaccessible-eiland T. e. procax op Nightingale-eilandTristanlysters is opportunistiese omnivore wat op bessies, erdwurms en ander ongewerwelde diere voed. Hulle aas ook die eiers en kuikens van ander voëlspesies, soos van die Inaccessible-eilandriethaan.
Die spesie broei van September tot Februarie. Die nes word op of naby die grond gebou en is van gras en ander plantmateriaal geweef. Die wyfie lê twee, drie of soms vier eiers. Die kuikens verlaat die nes na ongeveer 20 dae.
'n Tristanlyster vreet 'n dooie voël.