dcsimg

Vriesea ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Vriesea is ’n genus van die pynappelfamilie, Bromeliaceae. Dit is genoem na Willem Hendrik de Vriese, ’n Nederlandse plantkundige en fisikus (1806–1862).[1] Dit is ook bekend as vriesia.[2] Die spesies kom wydverspreid in Mexiko, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika en die Wes-Indiese Eilande voor.[3]

Eienskappe

Die genus bevat ’n groot verskeidenheid insekplante. Die tregtervormige blarekrans moet altyd met skoon water gevul wees. In die natuur kan paddas deur hul hele lewensiklus gaan in ’n vriesia. Die meeste vriesias is epifiete, of lugplante, en groei sonder grond aan bome. Hulle het nie wortels nie en neem voedingstowwe in deur die middelste deel van die plant wat gevorm word deur ’n roset van leeragtige, donkergroen blare. Spesies soos Vriesea splendens en Vriesea duvaliana het 'n helderrooi bloeiwyse.

Probleme

Die plant gaan gewoonlik dood nadat dit geblom het. As die bloeias swart en verrot is, is daar te veel water in die blarekrans. Rooimyte kan ook voorkom.

Verwysings

  1. Bromeliad Society International – Genera Etymology
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  3. Kew World Checklist of Selected Plant Families

Eksterne skakels

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Vriesea: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Vriesea is ’n genus van die pynappelfamilie, Bromeliaceae. Dit is genoem na Willem Hendrik de Vriese, ’n Nederlandse plantkundige en fisikus (1806–1862). Dit is ook bekend as vriesia. Die spesies kom wydverspreid in Mexiko, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika en die Wes-Indiese Eilande voor.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF