dcsimg

Seekat ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Seekatte is koppotiges in die orde Octopoda, wat baie diverse streke van die aarde se oseane bewoon, veral koraalriwwe.

'n Seekat het agt beweegbare arms, wat agter hom aansleep wanneer hy swem. Sy wetenskaplike naam "Octopoda" is afgelei van die Griekse Ὀκτάπους, wat "agt-pote" beteken.

Meeste seekatte het nie 'n interne of eksterne geraamte nie, wat hulle toelaat om deur baie klein openinge te beweeg. 'n Seekat het 'n harde snawel en sy mond word deur sy arms omring. Hulle is hoogs intelligente diere, moontlik selfs die intelligentste van alle ongewerwelde diere. Hy ontsnap roofdiere deur te skuil, vinnig weg te swem, ink uit te spuit of sy kleur te verander om homself te kamoefleer. Hulle is tweesydig simmetries met twee oë en vier paar arms. Sy arms is oortrek met suiers.

Video van 'n seekat

Die seekat se dieet bestaan hoofsaaklik uit krappe, garnale, krewe, weekdiere en visse. Hy kan ook vir 'n kort periode buite die water oorleef, mits sy kieue vogtig bly. Die meeste seekatte is nie giftig nie, alhoewel sommige baie giftig is.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF