dcsimg

Grysskuimnesboompadda ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die grysskuimnesboompadda of suidelike skuimnesboompadda (Chiromantis xerampelina) is 'n paddaspesie in die Rhacophoridae-familie. Hulle kom voor in Angola, Botswana, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibia, Suid-Afrika, eSwatini, Tanzanië, Zambië, en Zimbabwe, en moontlik die Demokratiese Republiek van die Kongo en Somalië.

Die padda se natuurlike habitat is subtropiese of tropiese droë bos, droë savanna, vogtige savanne, subtropiese of tropiese droë struikveld, subtropiese of tropiese klam struikveld, subtropiese of tropiese droë laeveldse grasveld, subtropiese of tropiese seisoenaal nat of oorstroomde laeveldse grasveld, afwisselende varswatervleie, landbougrond, weiveld, landelike tuine, stedelike gebiede, erg vervalle ou woude, damme en waterslote.

Voortplanting

Die grysskuimnesboompadda paar in wat beskryf kan word as die uiterste voorbeeld van poliandrie onder werweldiere. Die gelyktydige poliandrie begin wanneer 'n enkele wyfie begin eiers lê op 'n boomtak. Tot 12 mannetjies drom dan rondom haar saam en bevrug die eiers met sperma wat hulle met hul agterpote opswiep in 'n skuimnes. Die wyfie sal hulle tydelik verlaat om ontwatering te voorkom voordat sy na die nes terugkeer omdat die hele proses 'n paar uur kan duur.

Die nageslag van hierdie poliandriese ontmoetings is geneig om beter te oorleef as die eiers wat deur 'n enkele manlike padda bevrug is.

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Grysskuimnesboompadda: Brief Summary ( afrikaans )