dcsimg

Kaapse stokroos ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Kaapse stokroos of Sparrmannia africana is ’n spesie blomplante in die familie Malvaceae (soms in Tiliaceae geplaas) en is inheems aan Suid-Afrika en Madagaskar. Hierdie plant moet nie met Alcea rosea (Engels: hollyhock), wat meer algemeen as stokroos bekend staan, verwar word nie.

Eienskappe

Dié bekende Suid-Afrikaanse blomplant word 3 tot 6 meter hoog en 2 tot 4 meter breed. Dit is ’n immergroen struik of klein boom met groot, vaalgroen blare van sowat 21 cm lank wat met sagte hare oortrek is. Die blomme, wat in trosse voorkom, is wit met rooi en geel meeldrade.

Die Kaapse stokroos verkies warmer toestande van meer as 7 °C en word in gematigde streke as ’n huisplant gekweek. Dit groei redelik vinnig binnenshuis, veral as dit baie lig kry.

Probleme

Te veel sonlig kan die blare bruin laat verkleur. Geel blare dui op te min lig. Wolluise kan voorkom.[1]

Verwysings

  1. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Kaapse stokroos: Brief Summary ( afrikaans )