dcsimg

Geelbek ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Geelbek (Atractoscion aequidens) is 'n seevis wat aangetref word vanaf Tafelbaai al langs KwaZulu-Natal se kus tot by die suide van Mosambiek. Die vis word ook aangetref aan die weskus van Afrika, vanaf die Golf van Guinea tot by Angola. Die vis word ook aangetref in Australië waar dit bekend staan as teraglin.

Voorkoms

Die binnekant van die bek en die kieudeksel is geel. Die stert is konkaaf en die vis is silwer terwyl die rug 'n koperkleurige skynsel het. Die pens is wit. Die vis word tot 1.2m lank en weeg dan 11.2 kg. Die IGFA rekord is 14.9 kg wat by Algoabaai gevang is.

Habitat

Hulle kom voor in water wat 15 – 50 m diep is oor sanderige bodems, rotsriwwe en naby wrakke. Die onvolwasse vissies word soms in strandmere gevind. Die vis leef in skole wat hulle onderhewig maak aan oorbenutting. Hulle eet maasbankers, makriel en sardyne. Die volwasse visse migreer gedurende die lente vanaf die Wes- en Oos-Kaap tot by die kus van KwaZulu-Natal om te broei. Die vis moet nie verwar word met die Geelstert nie. Dit is 'n waardevolle eetvis.

Die vis word oorbevis deur kommersiële en ontspannings hengalaars en sy getalle het drasties verminder. [5]

Sien ook

Eksterne skakel

Bronne

Verwysings

  1. Gill T. N., 1862. Note on the sciaenoids of California. Proc. Acad. Nat. Sci. Phila. v. 14. 16-18.
  2. BioLib (en)
  3. Cuvier, G. & A. Valenciennes. 1830. Histoire naturelle des poissons. Tome cinquième. Livre cinquième. Des Sciénoïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 5: i-xxviii + 1-499 + 4 pp., Pls. 100-140.
  4. Catalogue of Life (en)
  5. * The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Geelbek: Brief Summary ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Geelbek (Atractoscion aequidens) is 'n seevis wat aangetref word vanaf Tafelbaai al langs KwaZulu-Natal se kus tot by die suide van Mosambiek. Die vis word ook aangetref aan die weskus van Afrika, vanaf die Golf van Guinea tot by Angola. Die vis word ook aangetref in Australië waar dit bekend staan as teraglin.

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF