dcsimg

Valssteenvis ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Valssteenvis (Scorpaenopsis diabolus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die False stonefish.

Voorkoms

Die vis se kleur wissel na gelang van die omgewing. Die skubbe is klein (die ware steenvis het nie skubbe nie), die dorsale vinne het 12 stekels en die pektorale vinne is groot. Die binnekant van die pektorale vinne is oranjebruin met 2 - 7 swart kolle op. Die vis word 23 cm lank. Daar is gif in die stekels.

Habitat en gewoontes

Die vis kom in koraal- en rotsriwwe voor in water wat nie dieper is as 40 m nie. Wanneer die vis versteur word ontbloot hy die binnekant van die pektorale vinne. Sy gif is nie so dodelik as dié van die steenvis nie maar die wond is pynlik.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Valssteenvis: Brief Summary ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Valssteenvis (Scorpaenopsis diabolus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die False stonefish.

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF