dcsimg

Trompetvis ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Trompetvis (Aulostomus chinensis) is 'n straalvinnige vis in die familie van Trompetvisse (Aulostomidae). Die visse kom in die Indies-Pasifistiese area en aan die ooskus van Afrika tot by Oos-Londen voor. Die wetenskaplike naam vir die spesie is vir die eerste keer in 1766 deur Carolus Linnaeus gepubliseer. In Engels staan die vis as die Chinese trumpetfish bekend.

Voorkoms

Die vis het 'n lang, skraal liggaam wat lateraal saamgepers is met 'n lang, buisvormige bek. Die liggaam is geel of bruin, met groen vinne. Die vis het 'n platter kop en lyf as die fluitbek en daar is 'n ry van 8-13 kort stekels voor die dorsale vin. Dit het ook nie die lang stertfilament soos die fluitbekke nie. Die liggaam is tot 80 cm lank.

Hierdie visse staan dikwels regop in die water, met die kop na onder, tussen seevere en koraal terwyl hulle vir prooi wag. Hulle dryf ook soms bewegingloos soos 'n stukkie hout rond. As 'n skool visse verby swem slaan hulle soos 'n bliksemstraal toe.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Trompetvis: Brief Summary ( afrikaans )