Die spegvink (Camarhynchus pallidus) is ’n spesie sangvoëls in die darwinvinkgroep van die Amerikaanse familie Thraupidae. Darwinvinke kom net op die Galapagos-eilande voor en is nie naby verwant aan ware vinke nie. Die spegvink word algemeen daar aangetref, van seevlak tot groot hoogtes.
Hulle het bekend geraak vanweë die feit dat hulle ’n stokkie as gereedskap kan gebruik[2] om op te maak vir hul kort tong. Hulle gebruik die stokkies om larwes uit boomholtes te grawe. Hulle maak soms die stokkie korter om dit meer hanteerbaar te maak en kan dieselfde stokkie oor en oor gebruik. Hulle sal ook verskeie stokkies beproef totdat hulle die regte een kry. Volgens ’n studie van 2001 word dié kennis waarskynlik nie sosiaal aangeleer nie, want jong voëls het dit gedoen sonder dat hulle met volwasse voëls in aanraking was.[3]
Spegvinke het sterk snawels om in bome te kap.[4]
In die droë seisoen sal die voëls gereedskap gebruik om sowat die helfte van hul kos te soek. Dit beteken hulle maak meer van gereedskap gebruik as die sjimpansee, naas die mens die bedrywigste primaat wat die gebruik van gereedskap betref.
Spegvinke eet klein insekte en wurms in bome en struike. Sy gewoonte om teen boomtakke te kap stem ooreen met dié van ’n speg teen ’n boomstomp, vandaar die naam "spegvink".
Die spegvink (Camarhynchus pallidus) is ’n spesie sangvoëls in die darwinvinkgroep van die Amerikaanse familie Thraupidae. Darwinvinke kom net op die Galapagos-eilande voor en is nie naby verwant aan ware vinke nie. Die spegvink word algemeen daar aangetref, van seevlak tot groot hoogtes.
Hulle het bekend geraak vanweë die feit dat hulle ’n stokkie as gereedskap kan gebruik om op te maak vir hul kort tong. Hulle gebruik die stokkies om larwes uit boomholtes te grawe. Hulle maak soms die stokkie korter om dit meer hanteerbaar te maak en kan dieselfde stokkie oor en oor gebruik. Hulle sal ook verskeie stokkies beproef totdat hulle die regte een kry. Volgens ’n studie van 2001 word dié kennis waarskynlik nie sosiaal aangeleer nie, want jong voëls het dit gedoen sonder dat hulle met volwasse voëls in aanraking was.
Spegvinke het sterk snawels om in bome te kap.