dcsimg

Papaja ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Papajaproduksie in 2005 gewys as persentasie van die wêreld se topproduseerder, Brasilië (1.7 megaton)

Die papaja ((en) : papaya of pawpaw) is die eetbare vrug van die plant Carica papaya in die plantfamilie Caricaceae. Dit is inheems aan die tropiese woude van Suid-Amerika, moontlik die suide van Meksiko en die naburige Sentraal-Amerika.[2] Dit was oorspronklik in Meksiko verbou, 'n paar eeu voor die opkoms van die Meso-amerikaanse klassieke beskawings.

Die papaya is 'n groot, boomagtige plant, met 'n enkele stam wat 5 – 10 m (16 – 33 m) hoog word, met spiraalblare wat tot die bopunt van die stam beperk is. Die onderste stam is opvallend kaal tot waar blare en vrugte gedra word. Die blare is groot, 50–70 cm ( 20-28 in ) in deursnee, diep handvormig gelob, met sewe lobbe. Ongewoon vir sulke groot plante is die bome tweehuisig. Die boom is gewoonlik onvertak. Die blomme is soortgelyk in vorm as dié van die Plumeria, maar is baie kleiner en wasagtig. Hulle verskyn op die oksels van die blare, volwasse groot vrugte is 15–45 cm ( 5,9-17,7 in ) lank en 10–30 cm ( 3,9-11,8 in ) in deursnee. Die vrugte is ryp wanneer dit sag voel en die skil in 'n donkergeel tot oranje kleur verander het.

Lees ook

Verwysings

  1. Carica papaya is oorspronklik beskryf en gepubliseer in Species Plantarum 2:1036. 1753. Germplasm Resources Information Network (9 Mei 2011). "Carica papaya information from NPGS/GRIN". Taxonomy for Plants. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland: V.S. Departement van Landbou, Landbounavorsingsdienste, Nasionale genetiese hulpbronprogram. Besoek op 10 Desember 2010.
  2. "Papaya". 1987.

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Papaja: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Papajaproduksie in 2005 gewys as persentasie van die wêreld se topproduseerder, Brasilië (1.7 megaton)

Die papaja ((en) : papaya of pawpaw) is die eetbare vrug van die plant Carica papaya in die plantfamilie Caricaceae. Dit is inheems aan die tropiese woude van Suid-Amerika, moontlik die suide van Meksiko en die naburige Sentraal-Amerika. Dit was oorspronklik in Meksiko verbou, 'n paar eeu voor die opkoms van die Meso-amerikaanse klassieke beskawings.