dcsimg

Olyf ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Illustrasie uit die 19de eeu

Die olyf (Olea europaea wat "Olie uit Europa" beteken) is 'n klein boomspesie in die familie Oleaceae, inheems aan die kusgebiede van die oostelike Mediterreense bekken, sowel as die Levant, die noorde van Saoedi-Arabië, die noorde van Irak, en die noorde van Iran, suid van die Kaspiese See.

Die vrugte, ook bekend as olywe, is van groot belang vir landbou in die Middellandse Seestreek as die bron van olyfolie. Die boom en sy vrugte verleen sy naam aan die plantfamilie, wat ook spesies soos die olienhout, wildejasmyn, ysterhout en die Europese es (Fraxinus excelsior) insluit.

Die woord olyf is afgelei van die Latyns olīva wat verwant is aan die Grieks ἐλαία (Elaia).[1] Die woord "olie" word in verskeie tale uiteindelik afgelei van die naam van hierdie boom en sy vrugte.

Verwysings

  1. ἐλαία, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus project
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Olyf: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Illustrasie uit die 19de eeu

Die olyf (Olea europaea wat "Olie uit Europa" beteken) is 'n klein boomspesie in die familie Oleaceae, inheems aan die kusgebiede van die oostelike Mediterreense bekken, sowel as die Levant, die noorde van Saoedi-Arabië, die noorde van Irak, en die noorde van Iran, suid van die Kaspiese See.

Die vrugte, ook bekend as olywe, is van groot belang vir landbou in die Middellandse Seestreek as die bron van olyfolie. Die boom en sy vrugte verleen sy naam aan die plantfamilie, wat ook spesies soos die olienhout, wildejasmyn, ysterhout en die Europese es (Fraxinus excelsior) insluit.

Die woord olyf is afgelei van die Latyns olīva wat verwant is aan die Grieks ἐλαία (Elaia). Die woord "olie" word in verskeie tale uiteindelik afgelei van die naam van hierdie boom en sy vrugte.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF