dcsimg

Witrenoster ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die witrenoster (Ceratotherium simum) is een van die twee renosterspesies wat in Afrika voorkom (die ander een is die swartrenoster). Hy het 'n wye mond met 'n breë bolip wat hy gebruik om te wei en is die sosiaalste van die renosterspesies. Dit is die volopste renostersoort in die wêreld.

Subspesies

 src=
Twee witrenosters by Waterberg, Namibië.
 src=
'n Witrenoster by die Mosi-oa-Tunya Nasionale Park, Livingstone, Zambië.

Daar is twee subspesies: die Suidelike witrenoster, waarvan daar aan die einde van 2010 'n beraamde 20 170 individue in die natuur voorgekom het, en die Noordelike witrenoster, wat baie skaars is.

Noordelike witrenoster

Die noordelike subspesie het waarskynlik slegs enkele individuele renosters oor. Vier daarvan is in 'n natuurreservaat in Kenia. Daar is berigte van 'n paar moontlike Noordelike witrenosters in 'n afgeleë deel van Suid-Soedan, alhoewel dit nog nie bevestig is nie. In April 2003 was daar nog 30 renosters in die Garamba Nasionale Park in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hulle aantalle het egter vinnig afgeneem na 'n groot toename in stroping. In 2006 is daar nog vier van hulle gesien, maar in die jare daarna is daar geen tekens gekry dat daar nog renosters in die gebied is nie. Daarom word dié bevolking beskou as uitgesterf.[2][3]

Suidelike witrenoster

'n Volwasse witrenoster het gemiddeld 'n massa van 2 000 – 2 400 kg (bulle) en 1 400 – 1 600 (koeie). Hy het 'n skofhoogte van 1,8 m. Sy voorste horing kan tot 158 cm lank word en sy tweede horing tot 56 cm. As die witrenoster begin storm, kan hy 'n spoed van 40 km/h behaal.[4][5]

Die wyfie is vir 18 maande dragtig, waarna sy aan 'n enkele kalfie geboorte skenk. Witrenosters het 'n moontlike lewensduur van 45 jaar.

Naamgewing

Alhoewel die dier "witrenoster" heet, is hy hoegenaamd nie wit nie, maar eerder donkergrys. Dit is ook nie moontlik om die witrenoster van die swartrenoster te onderskei op basis van kleur nie, maar eerder deur hulle bolippe: terwyl die witrenoster 'n breë bolip het waarmee hy gras vreet, het die swartrenoster 'n gepuntde bolip waarmee hy blare van die takkies trek.

Sien ook

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  1. IUCN SSC African Rhino Specialist Group (2008) Ceratotherium simum. Verkry op 20 Oktober 2008.
  2. Times Online | News | Environment | Poachers kill last four wild northern white rhinos
  3. Emslie, R. (2012). ""Ceratotherium simum"". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 2014-09-09.
  4. Stuart, Chris; Stuart, Tilde (2007). Veldgids tot soogdiere van Suider-Afrika. Kaapstad: Struik Uitgewers. p. 192. ISBN 978-1-77007-645-7.
  5. Emmett, Megan; Pattrick, Sean (2012). Die veldwagter stap saam. Pretoria: BRIZA PUBLIKASIES. p. 32-35. ISBN 978-1-920217-18-1.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Witrenoster: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die witrenoster (Ceratotherium simum) is een van die twee renosterspesies wat in Afrika voorkom (die ander een is die swartrenoster). Hy het 'n wye mond met 'n breë bolip wat hy gebruik om te wei en is die sosiaalste van die renosterspesies. Dit is die volopste renostersoort in die wêreld.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF