dcsimg

Mielie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Zea mays 'Strawberry'

Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei is. Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en, soos in die meeste ander Afrika-lande, ook die land se stapelvoedsel.

Na rys en koring is dit die belangrikste graansoort ter wêreld en Suid-Afrika is een van die tien grootste mielieproduserende lande. Sowat 40 % van Afrika se mielies word hier verbou en die oeste verskaf op groot skaal voedsel aan miljoene mense op die vasteland - onder meer deur middel van die Verenigde Volke se voedselhulpprogram.

Mielies is waarskynlik reeds in die antieke Egiptiese beskawings verbou en is eers teen die middel van die vorige eeu vir handelsdoeleindes in Suid-Afrika aangeplant.

Ongeveer een derde van die land se boere kweek die gewas op 'n totale oppervlakte van sowat 4,5 miljoen ha. Die gebied bestaan hoofsaaklik uit die sogenaamde mieliedriehoek, wat die Noord- en Oos- Vrystaat en Gauteng insluit. Aangesien mielies die vernaamste bestanddeel van vee- en pluimveevoere is, is die kostestruktuur daarvan nou verweef met die van ander landbousektore, byvoorbeeld die suiwelbedryf.

Mielies is ʼn somergewas en word gedurende Desember en Januarie as groenmielies en in Mei of daarna as graan geoes. Benewens die gebruik daarvan in graan- en ontbytkosse, word dit tot neweprodukte soos papier, gom, tekstielware, alkohol, metanol en etanol verwerk. Die moontlikheid om laasgenoemde 2 neweprodukte vir brandstof te gebruik, is in die laaste tyd ondersoek.

Gebruike

Mielies word vandag vir verskeie doeleindes geplant. In die VSA en Kanada word mielies hoofsaaklik vir veevoer gebruik. Mielies as graan het ook baie industriële gebruike soos die verwerking na plastiek en materiaal. Wanneer reg behandel kan tot stroop uit 'n mielie getap word, selfs graanwhiskey word van die veelsydige plant gemaak.

Etanol verkry uit mielies word gebruik om die konsentrasie alkohol te verhoog (10% of meer) wat in brandstowwe gebruik word. Die oktaanvlak daal in dié geval en verlaag dan ook besoedeling. Mieliepap is stapelvoedsel vir baie lande soos Italië, Meksiko, die VSA en Suid-Amerika. Dit word adza, nshime, ugla en mieliepap in Afrika genoem.

Oorsprong

Mielies is oorspronklik in Meso-Amerika aangeplant, waarna dit deur die res van Amerika versprei. In die laat 15de en vroeë 16de eeu is mielies verder oor die wêreld versprei, nadat Europa kontak gemaak het met die Amerikas. Die Afrikaanse benaming vir die graan is afkomstig van die Middelnederlandse woord "milie", wat as "Turkse koring" omskryf is.

Die Nederlandse vorm is weer afkomstig van die Portugese "milho", indirek verwant aan die Latynse "mille" ("duisende"), wat verwys na die groot aantal saadkorreltjies wat in die aar voorkom. Mielies was een van die eerste aangeplante genetiesgemodifiseerde plantsoorte.

Daar is baie natuurlike vyande vir 'n mielie bv. voëls, rotte en insekte.

Produksie en beheer

Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en ook die land se stapelvoedsel. Ongeveer een derde van die boere verbou mielies (25 000 vir winsdoeleindes) op 'n totale oppervlakte van sowat 4,5 miljoen ha, wat sowat die helfte van die totale bewerkte landbougrond is.

In 1981 is 'n opbrengs van 14,5 miljoen ton gelewer, maar die knellende droogte van die daaropvolgende jaar het ʼn opbrengs van slegs 8,5 miljoen ton tot gevolg gehad. Produksie in Suid-Afrika is dus besonder afhanklik van die weersomstandighede.

Vanweë onder meer die faktor, is die gemiddelde opbrengs per ha in Suid-Afrika (2 ton per hal maar sowat een derde van die van die VSA (6-6% ton per ha), wat die grootste mielieproduserende land ter wêreld is (die helfte van die wêreld se mielies word daar geproduseer). Mielies word byna oral in Suid-Afrika geproduseer, maar die hoofgebied val in die sogenaamde mieliedriehoek, wat die Hoëveldstreek van Gauteng asook die Noord- en Oos-Vrystaat insluit.

Die mieliegebied word deur die Mielieraad in 3 gebiede ingedeel, naamlik gebied A, gebied B en die vrygestelde gebied. Eersgenoemde sluit die hele Gauteng en die Vrystaat asook 'n aantal distrikte in die Kaapprovinsie en Natal in. Gebied B omsluit slegs distrikte in Natal en die Kaapprovinsie, terwyl die vrygestelde gebied uit 'n klein area van hoofsaaklik selfvoorsienende boerderye bestaan.

Gebied A se totale produksie word deur die Mielieraad gekoop teen pryse wat in oorleg met die Staat vasgestel word. Die mielies word ook deur die raad geberg en bemark, terwyl gebied B se opbrengs aan geregistreerde handelaars verkoop word. Die opbrengste van gebied C (die vrygestelde gebied) kan na willekeur deur die produsente bemark word. Die Mielieraad is in 1935 gestig en beheer benewens binne- en buitelandse bemarking ook die mieliepryse.

Dit pas ook gehalte- en graderingstandaarde toe, sorg vir doeltreffende opberging en ontwikkel die bedryf oor die algemeen. Navorsing word deur die Mielieraad, maar veral ook deur deskundiges by die Somer graansentrum op Potchefstroom gedoen.

Produkte en neweprodukte

Mielies is een van die goedkoopste voedselbronne ter wêreld en kan tot 'n groot verskeidenheid produkte en neweprodukte verwerk word. Benewens groenmielies, mielierys, stampmielies en mieliemeel, wat as voedsel vir miljoene mense dien, word dit in neweprodukte soos papier, gom, tekstielware, alkohol, etanol en metanol gebruik.

Die moontlikheid am etanol en metanol as brandstof te gebruik, is in die laaste tyd ondersoek en het groot reaksie uitgelok vanweë die implikasie wat die toepassing daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê. Ander neweprodukte is glukose, stysel, dekstrien, dekstrose, koeldrank, kitskoffie, tandepasta, bier, lekkers, vuurhoutjies, verf en whisky. Mielies is 'n produk met 'n hoë koolhidraatinhoud wat energie verskaf, asook proteïene, minerale en vitamiene.

Sowel wit as geel mielies word verbou en laasgenoemde word hoofsaaklik as gemengde vee- en pluimveevoer gebruik. Sowat 3 miljoen ton mielies word jaarliks vermeng, en proteïene vir die produksie van onder meer vleis, kaas, melk en eiers word so voorsien. Omdat mielies die vernaamste bestanddeel van veevoer is, is die prysstruktuur van die gewas uiters nou verweef met die van ander voedselprodukte.

Wanneer die mielieprys styg, styg die prys van onder meer rooivleis, eiers en suiwelprodukte gewoonlik ook. Plaaslik word mielies onder meer as krummelpap, stywepap en slappap voorgesit, terwyl die tradisionele Mexikaanse " tortilla" ook daarvan gemaak word. Mielies aan die stronk is in Mexiko, maar veral ook in die VSA, 'n baie gewilde gereg.

Uitvoer

Mielies is een van Suid-Afrika se vernaamste uitvoerprodukte (surplusse beloop soms tot meer as 80 % van die totale produksie) en goud is dikwels die enigste produk wat die "goue oes" in verdienste aan buitelandse valuta oortref. Die gehalte van Suid-Afrikaanse mielies word oor die algemeen as die beste ter wêreld beskou.

Belangrike kopers is Japan (sowat 2 miljoen ton vir 1981 - 82), Taiwan (60 000 ton per jaar) en Brittanje. Die Afrika-lande wat Suid-Afrikaanse mielies aankoop, bly meestal vanweë politieke implikasies anoniem. Die moontlikheid word tans ondersoek om uitvoere te verhoog deur meer hawens vir die doel te ontwikkel.

Die hawens van Oos-Londen en Durban hanteer onderskeidelik twee derdes en een derde van die mielie-uitvoere. In 1982 het mielies R650 miljoen aan buitelandse valuta vir Suid-Afrika verdien, 'n syfer wat baie hoër kon gewees het indien die hele surplus uitgevoer is. Ruilhandel met ander lande, waarvolgens Suid-Afrikaanse mielies vir kunsmis geruil word, het ook al plaasgevind.

Geskiedenis

Die woord mielies is afgelei van die Portugese woord milho, wat "graan" beteken. Die Swart stamme aan die ooskus van Suid-Afrika het mielies by die Portugese gekry en dit mlungu of mbila genoem. Antieke Egiptiese graftekeninge van graan oeste (1450 v.C.) dui daarop dat mielies waarskynlik reeds in die vroeë tyd as voedsel verbou is, en die Mochica-Indiane van Peru het selfs 3 mieliegode aanbid.

In 1492 is mielies deur Columbus van Sentraal-Amerika af na Spanje gebring en daarvandaan is dit na ander dele van die wêreld versprei. Die Portugese ontdekkingsreisigers het die gewas na Oos-Afrika gebring, maar daar kan nie met sekerheid vasgestel word wanneer die eerste mielies in Suid-Afrika geplant is nie. Jan van Riebeeck het wel in 1655 mieliesaad uit Nederland ontvang en die Vryburgers het in 1658 mieliesaad uit Nieu-Guinee aan die Kaap geplant.

Die sade het destyds as "Turchse tarwe" bekend gestaan. Mielies is eers teen ongeveer die middel van die vorige eeu vir handelsdoeleindes begin verbou toe dit sorghum as stapelvoedsel van die Swartes in Oos-Kaap begin vervang het. Sorghum word steeds gebruik vir die vervaardiging van mout en meet vir die bereiding van magou, en dit word ook in veevoer gebruik. Die Groot Trek (1836-1838) het ʼn belangrike rol gespeel in die verspreiding van mielies na die binneland en in die sewentiger- en negentigerjare van die vorige eeu het die groot sametrekking van Swartes op die diamantmyne van Kimberley en die Witwatersrandse goudmyne 'n groot vraag na mielies tot gevolg gehad.

Sodoende is die verbouing daarvan in veral die Vrystaat en Gauteng aangemoedig. Aan die begin van die eeu was die jaarlikse opbrengs ongeveer 3 miljoen sak en sedert 1960 het die produksie met 5 % per jaar toegeneem (in 1981 was dit 4,5 %).

Verbouing

Mielieboerdery is ʼn dinamiese sektor van die landbou wat voortdurend verander ten opsigte van verbouingsaspekte. Dit is ʼn minder ingewikkelde bedryf vergeleke met ander gewasse, onder meer omdat dit in die reël nie met besproeiing gepaard gaan nie. Mielies is ʼn somergewas wat 'n reënneerslag van 500 mm tot 900 mm benodig en wat van November tot Maart nie aan ryp blootgestel moet word nie.

Die saad word direk na die eerste somerreëns, gewoonlik in Oktober, geplant en die mielies word 5 tot 6 maande later geoes. Slegs 'n klein hoeveelheid mielies word in Suid-Afrika onder besproeiing verbou omdat dit gewoonlik onekonomies is. Wanneer mielies wei besproei word, word dit baie digter geplant en kry dit meer water en kunsmis as droëtandmielies. 'n Groter plantdigtheid word ook toegepas wanneer die gewas uitsluitend vir kuilvoer gekweek word.

Grondbewerking

Hoewel daar streekverskille bestaan ten opsigte van grondvoorbereiding, is dit noodsaaklik om die grond vroegtydig te bewerk ten einde insekteplae te beheer, vog te bewaar, oesreste in die grond in te meng en onkruid aan te moedig om vroeg, voor die mielies opkom, te ontkiem. Gewoonlik word die land in die winter - na die vorige oes – diep geploeg, waarna dit weer verskeie kere bewerk word, gewoonlik na reëns en net voor planttyd.

Die stoppel land van die winteroes kan ook deur vee bewei word. In gebiede met swaar grond, waar ploegsole gevorm word, moet die landerye soms met diepbewerking voorberei word, terwyl streke met ligter grond, byvoorbeeld dele van die Vrystaat en Gauteng wat aan winderosie blootgestel is, meestal met skottel implemente bewerk word.

In laasgenoemde geval word 'n deklaag, die sogenaamde stoppelkombers, verkry, wat die grond teen reën en wind beskerm, die grondvog bewaar en die grond koel hou. 'n Goeie saadbedding moet ook die regte hoeveelheid kalk bevat en dit word gedurende die wintermaande of voor planttyd ingeploeg indien die suurgehalte van die grond te hoog is.

Bemesting

'n Kwart of meer van die boer se lopende produksiekoste word dikwels aan bemesting bestee; derhalwe is dit noodsaaklik dat die grond behoorlik ontleed en die potensiaal bepaal word. Baie boere maak gebruik van landbouorganisasies se grondontledingsdienste om bemestingsbehoeftes te bepaal. Stikstof, fosfaat, kalsium en potas is die belangrikste elemente vir mielies en sink is 'n noodsaaklike spoorelement. Wanneer daar te min stikstof aanwesig is, kry die blare ʼn gebrekkige kleur en gaan die onderstes soms dood.

Fosfaat is noodsaaklik vir die ontwikkeling van die mielie se wortelstelsel en vir die jong plant, en 'n gebrek daaraan word dikwels deur 'n rooierige of perserige kleur van die jong blare gekenmerk. 'n Sinktekort veroorsaak vergeling van die plante net nadat hulle opgekom het, en wanneer die plant te min potas kry, verdroog die blaarrande. Potas maak die mielies meer siektebestand en speel 'n belangrike rol in die wortel- en graanontwikkeling.

Ander tekorte aan elemente en spoorelemente ontstaan van tyd tot tyd in sekere streke, onder meer die element molibdeen, waaraan daar gedurende die laaste paar seisoene in sekere dele van die Hoëveld ʼn tekort was. Kunsmis word gewoonlik in 3 stadia toegedien, naamlik voer planttyd, met planttyd en na planttyd (kantbemesting). Voor planttyd word daar meestal 'n fosfaathoudende kunsmis met potas, sink en soms ook stikstof diep ingeploeg, ingesny of ingeeg.

'n Hoeveelheid kunsmis word altyd met planttyd toegedien en word meestal effens weg van die sade geplaas (bandplasing) sodat die sade nie beskadig word nie. In droër gebiede word 'n bietjie kunsmis saam met of na aan die saad in die grond gevoeg. In die geval van bandplasing bevat die kunsmismengsel minstens stikstof en fosfaat, en indien nodig, ook sink en potas. Sink kan alleenlik toegedien word voordat die mielies opkom. Ongeveer 'n maand na planttyd benodig die mielies 'n groot hoeveelheid stikstof en is die element vir die volgende 4 of 5 weke 'n kritieke taktor vir 'n goeie opbrengs.

Kantbemesting met stikstof word toegedien wanneer die mielieplante ongeveer kniehoogte staan, onder meer deur die skoffelmetode of as blaarbespuiting. Die groeiproses word hierdeur aangewakker.

Onkruid

Onkruid benadeel mielies veral van 4 tot 7 weke nadat die mielieplante hul verskyning gemaak het. Indien onkruid toegelaat word om tot 2 weke nadat die mielies opgekom het, op die lande te groei, kan dit produksie met tot 10 % laat daal. Indien dit 5 weke lank op die lande gelaat word, kan die verliese twee keer so groot word. Die tradisionele skoffelbewerking met die hand is steeds doeltreffend, maar word van wee verminderde arbeidskragte bemoeilik.

As ʼn mielieland meganies skoongehou word, moet dit 'n paar dae nadat die sade geplant is en voordat die mielies opgekom het, gedoen word. Die tandeg en veral die roltandeg of "duisendpoot" word vir die doer gebruik. Hoewel daar meestal voor en tydens planttyd op die verbouingsaspek gekonsentreer word, kan onkruid ook bestry word nadat die mielies opgekom het: met die hand, met meganiese bewerking of met chemiese hulpmiddele. Die roltandeg is veral gewild omdat die moontlikheid dat dit die jong plante kan beskadig, maar gering is. Daarbenewens word lande met trekkerskoffels skoongehou of word chemiese onkruiddoders met ligte vliegtuie op die landerye gespuit.

Plae en siektes

Deur in die winter te ploeg, kan insekteplae - waarvan die snywurm en die mieliestamruspe die belangrikste is - beter beheer word. Hoewel snywurms die afgelope tyd minder skade aanrig, moes boere in die verlede tot byna ʼn kwart meer sade plant om voorsiening te maak vir die wat deur die snywurms gevreet word.

Snywurms kom snags na die grondoppervlak en vreet die plant van onder af sodat 'n hele saailand soms vernietig word. Volgroeide stamrusperwurms, wat beheer kan word deur vroegtydig te ploeg, leef weer in die reste van vorige oeste. Die wurms wat oorleef, lê hut eiers op die blare en stam van jong mielieplantjies, en die klein, swart wurmpies vreet later "venstertjies" in die mielieblare en kruip in die stingel op na die sagte plantdele. Die plaag moet dikwels bestry word deur onder meer herhaalde behandelings met vloeibare of gekorrelde chemiese insektedoders wat op die plante gesproei word.

Ander minder ernstige plae is die bontmietiekewer, die mieliekopkewer, die bruinkewer (doodhouertjies), plantluise en die kommandowurm. Die bontmieliekewer berokken skade aan die pluime en baard van die mieliekop, terwyl die swart mieliekewer, wat veral in die Vrystaat voorkom, die jong plant onder die grondoppervlak aanval. Die mieliekopwurm eet weer die jong mieliepitte. Die bruinkewer is veral in Wes-Transvaal 'n probleem.

Hy rig skade aan van die oomblik wanneer die plant opkom totdat die mielieplant ongeveer 20 cm hoog is; plantluise val die mielies aan wanneer die koppe begin vorm en kommandowurms kan binne 'n kort tyd 'n hele oes vernietig. Mieliesiektes kan oesverliese van tot 40 % tot gevolg hê en word met saadbehandeling, wisselbou, ploeg, bastersaadteling en 'n reeks voorkomende maatreëls beheer. Siektes wat deur saadbehandeling beheer kan word, is fusarium (saadvrot), droëkopvrot (diplodia), pienk kopvrot en pluim- of kopbrand.

Fusarium is die algemeenste kopvrot en die besmette pitte is dikwels oor die hele mieliekop versprei. Droëkopvrot kom, na gelang van weersomstandighede, as 'n sa",di ngroes, 'n stamvrot of 'n kopvrot voor. Pienk kopvrot is 'n minder algemene siekte en maak sy verskyning eers bo-aan die mieliekop, terwyl pluimbrand in ernstige gevalle as ʼn massa swart swamspore op die jong mieliekoppe bemerk word. Siektes wat nie deur saadbehandeling beheer kan word nie, is blaasbrand, streepsiekte, witroes en bruinroes (gewone roes).

Streepsiekte word deur 'n virus veroorsaak en kom veral in die laer liggende mieliegebiede voor. Fyn geel strepies oor die blaarlengte dui aan dat die plant besmet is. Die siekte kan voorkom word deur mielies op baie skoon Ian de en nie langs ou stoppellande of wintergrane te plant nie. Blaasbrand word versprei wanneer spore deur die wind aangewaai word en met ander plante in aanraking kom. Die siekte is ʼn ernstige bedreiging vir die mieliebedryf.

Dit kom as blase op die stam, kop of blare van die plant voor, en kan deur wisselbou bekamp word - alle besmette plante moet egter begrawe of verbrand word. Witroes veroorsaak dat daar gryserige vlekke op die blare ontstaan wat later verkleur. Die siekte word ook deur die wind versprei. By bruinroes vorm donker blasies op die blare. In beide gevalle moet bestaande bastersoorte aangeplant word om die siekte te bekamp, hoewel wit roes ook beheer kan word deur die landery om te ploeg sodat ai le plantreste bedek is.

Plant

Die plantproses is een van die belangrikste aspekte van mielieverbouing en die korrekte plantestand en egalige verspreiding van die sade moet noukeurig toegepas word. Die planttyd is van die uiterste belang en hang van die reënval en saadvarieteit of kultivar af. Vroeë aanplantings in Oktober is verkieslik, maar omdat mielies nie besproei word nie en die boer dus van die eerste reëns afhanklik is, kan dit soms gebeur dat hy eers in Desember moet saai.

Die groeiperiodes van die verskillende kultivars bepaal ook die geskikte plantdatum en sekere sade aard beter in bepaalde grondtipes. Mielies word meestal op 'n diepte van 6 tot 12em geplant en die rye is 90 cm of 225 cm uit mekaar met afstande van 20 cm tot 60 cm tussen elke pit. Die tremspoorstelsel, waar volgens die rye alternatief na en ver uitmekaar gespasieer word, word ook toegepas. Hoewel 'n reënneerslag van 50 mm nodig is voordat daar geplant behoort te word, kan ʼn boer met die korrekte voghoudende grondbewerking na 'n neerslag van slegs 10 mm saai. Wanneer die reën wegbly, word boere soms genoodsaak om droog te plant.

Op die Hoëveld en in die Oos-Vrystaat wissel die planttyd van middel Oktober tot einde November, en in Gauteng, die Noordwes-Vrystaat en dele van Natal word daar tot in Desember geplant. Die groeitydperk van mielies verskil na gelang van klimaatsveranderings en saadvarieteite. Die plantjies neem 8 tot 10 dae om uit te skiet en na ongeveer 70 dae word die mielies bevrug en begin die mieliekoppe ontwikkel. Na sowat 3 maande, wanneer die voginhoud van die pitte 60 tot 70 % (Desember - Januarie) is, word die koppe gepluk en as groenmielies bemark. Na 135 tot 150 dae staan die mielies, afhangende van die kultivar, van 2 m tot 3,65 m hoog en is die voggehalte 14 tot 18 %.

Die korrekte voggehalte is 14 %, en wanneer dit hoër is, word die mielies in die graansuiers verder drooggemaak. Die feit dat die mielies hoofsaaklik op die land droog word en nie soos in ander lande kunsmatig uitdroog word nie, is een van die vernaamste redes waarom die Suid-Afrikaanse produk wêreldwyd vir sy goeie gehalte bekend is. Sommige boere oes nog met die hand. Die mielies word in sakke geplaas, en die pitte word daarna met dorsmasjiene gestroop. In die praktyk word 95 % van die mieliekoppe egter met meganiese stropers afgesny en gedors.

Die graankorrels word in spesiale mielietrokke gestort en die oesreste val aan die onderkant van die stroper uit op die land. Die reste word soms met die hand ingesamel vir gebruik in veevoer. Die graan word na graansuiers by plaaslike koöperasies, by meulenaars of by algemene handelaars wat as agente van die Mielieraad optree, vervoer, waar dit geweeg en gegradeer word. Dit word in 5 groepe geklassifiseer, naamlik wit blinkpit (rond), wit duik (plat), geel ingeduik, geel gemeng en geel blinkpit.

Gradering geskied ten opsigte van kleur, gehalte en suiwerheid van die betrokke klassifikasie. Die mielies word ook skoongemaak en die kiemselle en semels van die res geskei sodat dit later in veevoer gebruik kan word. Daarna gaan die gesuiwerde graan na meulens en fabrieke, waar dit verwerk word, of dit word na graansuiers aan die kus vervoer, waarvandaan dit verskeep word. In die vernaamste gebiede van die mieliedriehoek is graansuiers naby spoorlyne opgerig om vervoer te vergemaklik. Suid-Afrika se mieliemeulens is wêreldwyd bekend vir hul doeltreffendheid. Die graan word daar gesif en 'n hele paar keer tot 'n fyn mieliemeel gemaal. Daarna word dit onder streng beheerde toestande geberg.

Top mielieproduserende lande (2012)

 src=
Mielieproduserende lande
Rang Land Miljoen metrieke ton 1 Vlag van Verenigde State van Amerika VSA 273.83 2 Vlag van Volksrepubliek China China 208.26 3 Vlag van Brasilië Brasilië 71.3 4 Vlag van Argentinië Argentinië 25.7 5 Vlag van Meksiko Meksiko 22.06 6 Vlag van Indië Indië 21.06 7 Vlag van Oekraïne Oekraïne 20.96 8 Vlag van Indonesië Indonesië 19.38 9 Vlag van Frankryk Frankryk 15.61 10 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 12.5

Mielieopbrengs volgens lande in 2018/19

 src=
Mielieplante groei groen en geil
Mielie-opbrengs in 1 000 metrieke ton[1] Land Opbrengs Verenigde State 366 267 Volksrepubliek China 257 330 Ander lande 105 824 Brasilië 94 500 Europese Unie 60 720 Argentinië 46 000 Oekraïne 35 500 Indië 26 000 Mexiko 25 000 Kanada 13 900 Indonesië 11 900 Suid-Afrika 11 500 Rusland 11 250 Nigerië 11 000 Filippyne 8 200 Ethiopië 7 100 Serwië 7 100

Bronnelys

Verwysings

Sien ook

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Mielie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Zea mays 'Strawberry'

Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei is. Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en, soos in die meeste ander Afrika-lande, ook die land se stapelvoedsel.

Na rys en koring is dit die belangrikste graansoort ter wêreld en Suid-Afrika is een van die tien grootste mielieproduserende lande. Sowat 40 % van Afrika se mielies word hier verbou en die oeste verskaf op groot skaal voedsel aan miljoene mense op die vasteland - onder meer deur middel van die Verenigde Volke se voedselhulpprogram.

Mielies is waarskynlik reeds in die antieke Egiptiese beskawings verbou en is eers teen die middel van die vorige eeu vir handelsdoeleindes in Suid-Afrika aangeplant.

Ongeveer een derde van die land se boere kweek die gewas op 'n totale oppervlakte van sowat 4,5 miljoen ha. Die gebied bestaan hoofsaaklik uit die sogenaamde mieliedriehoek, wat die Noord- en Oos- Vrystaat en Gauteng insluit. Aangesien mielies die vernaamste bestanddeel van vee- en pluimveevoere is, is die kostestruktuur daarvan nou verweef met die van ander landbousektore, byvoorbeeld die suiwelbedryf.

Mielies is ʼn somergewas en word gedurende Desember en Januarie as groenmielies en in Mei of daarna as graan geoes. Benewens die gebruik daarvan in graan- en ontbytkosse, word dit tot neweprodukte soos papier, gom, tekstielware, alkohol, metanol en etanol verwerk. Die moontlikheid om laasgenoemde 2 neweprodukte vir brandstof te gebruik, is in die laaste tyd ondersoek.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF