dcsimg
Image of English yew
Creatures » » Plants » » Gymnosperms » » Yew Family »

English Yew

Taxus baccata L.

Yf ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die yf of taksus(boom) (Taxus baccata) is 'n naaldboom van die taksusfamilie (Taxaceae). Die yf is inheems aan Europa, die noorde van Afrika en die suidweste van Asië.

Algemeen

Die yf is 'n stadiggroeiende plant en kan 12–20 m hoog word. Die yf is tweehuisig (daar is manlike en vroulike plante). Die yf kan baie oud word. Daar is plante in Engeland bekend wat al van voor die begin van die jaartelling staan.

Die yf is giftig. Vee eet wel van die yf en vrek. By die saag en verwerking daarvan moet mens rekening hou dat die stof van die yf giftige bestanddele bevat.

Die giftige bestanddele van die yf word al lank gebruik in medisyne teen kanker. Die taksusboom is trouens die mees gebruikte middel teen bepaalde kankervorme (handelsmerk taxol). 'n Ander giftige bestanddeel van die yf is taksien. Dit kon 'n bestanddeel van 'n soort pylgif wees. Dit veroorsaak hartritme-stoornisse, hartstilstand, lewer- en nierbeskadiging.[1]

Die rooi vrugtevleis is glad nie giftig nie. Die blare bly egter giftig, selfs as dit verlep; die giftigheid neem toe as dit gedroog is. Die blare is giftiger as die saad.

Verwysing

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Yf: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die yf of taksus(boom) (Taxus baccata) is 'n naaldboom van die taksusfamilie (Taxaceae). Die yf is inheems aan Europa, die noorde van Afrika en die suidweste van Asië.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF