Die inkvisstinkhoring (Clathrus archeri (Berk.) Dring 1980) is 'n swam wat plaaslik algemeen en wydversprei in Suid-Afrika voorkom.[2] Hierdie spesie kom oorspronklik uit Australië en Nieu-Seeland en het in die Eerste Wêreldoorlog Europa bereik. Die naam stinkhoring is tereg: dit stink na vrot vleis! Hierdie spesie se paddastoel kruip eers uit ‘n soort eier wat wel hekse- of duiweleiers genoem word. Die ‘eier’ is ongeveer 2 tot 3 cm in deursnee en die 4 tot 6, soms 8 rooi ‘vingers’ wat daaruit te voorskyn kom kan tot 20 in deursnee groei. In Brittanje word dit wel 'duiwelsvingers' genoem. Die spesie is saprobioties, wat wil sê dat dit onder bossies en struike op dooie plantmateriaal leef. Teenswoordig word dit ook op deklae van houtsnippers aangetref. Die paddastoel word gewoonlik in die somer gevorm. Dit is nie giftig nie maar dit word vanweë die stank ook nie geëet nie. [3]
Die inkvisstinkhoring (Clathrus archeri (Berk.) Dring 1980) is 'n swam wat plaaslik algemeen en wydversprei in Suid-Afrika voorkom. Hierdie spesie kom oorspronklik uit Australië en Nieu-Seeland en het in die Eerste Wêreldoorlog Europa bereik. Die naam stinkhoring is tereg: dit stink na vrot vleis! Hierdie spesie se paddastoel kruip eers uit ‘n soort eier wat wel hekse- of duiweleiers genoem word. Die ‘eier’ is ongeveer 2 tot 3 cm in deursnee en die 4 tot 6, soms 8 rooi ‘vingers’ wat daaruit te voorskyn kom kan tot 20 in deursnee groei. In Brittanje word dit wel 'duiwelsvingers' genoem. Die spesie is saprobioties, wat wil sê dat dit onder bossies en struike op dooie plantmateriaal leef. Teenswoordig word dit ook op deklae van houtsnippers aangetref. Die paddastoel word gewoonlik in die somer gevorm. Dit is nie giftig nie maar dit word vanweë die stank ook nie geëet nie.