Die Rooiskurwepadda (Schismaderma carens) is 'n padda wat in die noordelike en oostelike gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Die padda is 7 – 9 cm lank en baksteenrooi met 'n verhewe streep aan die sye. Die streep strek van die oog tot die lies. Daar is soms twee donkerkolle op die rug. Hulle hoofvoedsel is insekte en wurms. Hulle verkies om in blaarafval, poele en damme te leef.