dcsimg

Kaapse stompneus ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Kaapse stompneus (Rhabdosargus holubi) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en word aangetref vanaf St. Helenabaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Cape stumpnose.

Voorkoms

Die vis is silwer van kleur met 'n lemmetjie-geel lyn aan die kante van die vis. Die gemiddelde grootte van die vis is 20 cm maar kan tot 40 cm groot word en weeg dan 3.5 kg.

Habitat

Hulle kom voor in rotsgebied en sanderige bodems vanaf die strand tot in water wat 50 m diep is. Die onvolwasse vissies is volop in die seegras in strandmere. Die wyfies skiet kuit gedurende die winter in KwaZulu-Natal en van Julie tot Februarie in die Oos- en Wes-Kaap. Dit is 'n smaaklike eetvis.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Kaapse stompneus: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Kaapse stompneus (Rhabdosargus holubi) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en word aangetref vanaf St. Helenabaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Cape stumpnose.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF