dcsimg
Nidorella ivifolia (L.) J. C. Manning & Goldblatt resmi
Life » » Archaeplastida » » Angiosperms » » Papatyagiller »

Nidorella ivifolia (L.) J. C. Manning & Goldblatt

Bakbos ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Bakbos of oondbos (Conyza scabrida DC.) is 'n struik en kruidplant wat inheems is aan Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini. Op die SANBI-rooilys is die as 'veilig' (LC) gelys.[1] Die plant kom in groot dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor, asook in die hoër dele van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit groei in vogtige habitatte, soos langs stroompies en bosrande.[2]

Taksonomiese status

Die taksonomie is onduidelik. Op die Plant List is Conyza scabrida as "aanvaarde naam" gelys.[3] Wikipedia Commons gebruik dit. Wikispecies vermeld net die genus Conyza, maar sê dat dit moontlik 'n sinoniem van Erigeron is. SANBI gebruik Nidorella ivifolia,[1] wat die ander bronne glad nie noem nie.

Plant

Dit is 'n struikie met 'n behaarde stam wat 1,2 m hoog kan word. Die blare groei aan slanke blaarstele wat 1 cm lank kan word. Hulle is ellipties tot lansvormig en 6 x 2 cm groot. Die blomhofies word 8 mm in deursnee en kom in oop trosse aan die top van die plant voor.

Gebruik

Die blare word versamel en kan op die mark gevind word. Hulle is sag en het 'n aangename aromatiese reuk. Dit word uitwendig gebruik vir swere en ontstekings en inwendig teen koors en diarree.

Daar is min bekend oor die farmakologiese werking van hierdie kruid, maar navorsing het getoon dat dit geen alkaloïede, sianogene of van antrakwinoon-afgeleide stowwe bevat nie. Party hartglikosiede, saponiene en tanniene is wel aanwesig, asook diterpeensure soos koniskabraansuur, hautriwaansuur, nidoresedaansuur en printziaansuur.[2]

Verwysings

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Bakbos: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Bakbos of oondbos (Conyza scabrida DC.) is 'n struik en kruidplant wat inheems is aan Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini. Op die SANBI-rooilys is die as 'veilig' (LC) gelys. Die plant kom in groot dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor, asook in die hoër dele van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit groei in vogtige habitatte, soos langs stroompies en bosrande.

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF