Die krimpsiekbos (Tylecodon wallichii (Harv.) Toelken) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika en wat op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys is. Dit kom in die drie Kaapprovinsies voor.[1]
Dit kom op klipperige rande van Namakwaland tot die Klein Karoo in die Sukkulente Karoo voor. Dit is 'n houtige struikie met 'n knobbelrige stam wat tot 6 cm in deursnee kan word. In die winter het dit dik sukkulente blare aan die toppe van 'n stam of 'n tak. In die droë heet somer verloor dit sy blare en rus die plant. Dit groei baie stadig. Die blare is uiters giftig as hulle geëet word.[2] Uit krimpsiekbos is cotyledosied geïsoleer, wat in 'n dosis van 0,01-0,015 mg per kg liggaamsgewig krimpsiekte kan veroorsaak.[3]
In die Kaapse etnobotanie word dit as 'n pap vir absesse gebruik.[4]
Die krimpsiekbos (Tylecodon wallichii (Harv.) Toelken) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika en wat op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys is. Dit kom in die drie Kaapprovinsies voor.
Dit kom op klipperige rande van Namakwaland tot die Klein Karoo in die Sukkulente Karoo voor. Dit is 'n houtige struikie met 'n knobbelrige stam wat tot 6 cm in deursnee kan word. In die winter het dit dik sukkulente blare aan die toppe van 'n stam of 'n tak. In die droë heet somer verloor dit sy blare en rus die plant. Dit groei baie stadig. Die blare is uiters giftig as hulle geëet word. Uit krimpsiekbos is cotyledosied geïsoleer, wat in 'n dosis van 0,01-0,015 mg per kg liggaamsgewig krimpsiekte kan veroorsaak.
In die Kaapse etnobotanie word dit as 'n pap vir absesse gebruik.