dcsimg

Gladde klipkabeljou ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die Gladde klipkabeljou (Dermatolepis striolata) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, vanaf Oman suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth rockcod.

Identifikasie

Die vis word tot 85 cm lank. Die vis het 'n diep lyf en die kop se profiel is konkaaf. Die lyf is rooi-bruin met verskeie wit vlekke wat onreëlmatig op die lyf voorkom. Daar is ook donker kolletjies oor die hele lyf. Die onvolwasse visse is bedek met klein, bruin-swart kolletjies, party kolletjies vorm kort strepies.

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 5 tot 70m diep is. Die vis is skaam en skuil gewoonlik naby skeure of grotte. Hulle is gewoonlik alleenlopers en kan soms in klein groepies saamleef. Hulle vreet hoofsaaklik vis.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Gladde klipkabeljou: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die Gladde klipkabeljou (Dermatolepis striolata) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, vanaf Oman suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth rockcod.

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF