dcsimg

Getoomde pappagaaivis ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die getoomde pappagaaivis (Scarus frenatus) is 'n vis wat wydverspreid in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as bridled parrotfish.

Identifikasie

Die vis word tot 47 cm lank. Dit het 'n lang lyf. Die volwasse mannetjie word onderskei deur die kop boonste kant van die kop wat 'n donkerblou tot groen is, dan geleidelik verander na blougroen en dan skielik lig blou of lig groen word aan die agterkant van die lyf. Daar is ook pienk merke op die keel. Die onvolwasse vissies is grysrooi met ses donkerbruin strepe aan die sye. Die strepe is soms gebroke en lyk soos n reeks diamantvormige merke. Die vinne is lig rooi tot pienk.

Hulle leef op aflandige hellings van riwwe en afgronde in water wat van 8 tot 30 meter diep is. Die onvolwasse visse leef naby korale en rommel. Die mannetjies is alleenlopers en wyfies leef in klein groepies saam. Hulle vreet alge en koraalpoliepe. Die vis word min gesien.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakels

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Getoomde pappagaaivis: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die getoomde pappagaaivis (Scarus frenatus) is 'n vis wat wydverspreid in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as bridled parrotfish.

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF