dcsimg

Donkernaguil ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die onkernaguil (Caprimulgus tristigma) is 'n voël wat deel vorm van die naguil familie (Caprimulgidae).

Die donkernaguil is 27 cm lank. Dit is 'n naguil wat van bo af relatief donker is met 'n fyn afwisselend swart en grys​​ patroon. Dit kamoefleer die donkernaguil op rotsplate.

Die donkernaguil kom versprei deur Afrika voor maar veral ten suide van die Sahara in rotsagtige gebiede in savannas.

Dit voed hoofsaaklik op kewers en motte en het die grootste bek van al die naguiltjies. Dit is in staat is om insekte van 3,5 cm lank in te sluk. Dit maak nes in natuurlike holtes in rotse waar dit eiers lê, wat vir 18-20 dae deur beide ouers uitgebroei word. Die kuikens word deur albei ouers versorg en so gekamoefleer is dat hulle met die omliggende rotse saamsmelt.[2]

Verwysings

Sien ook

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Donkernaguil: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Die onkernaguil (Caprimulgus tristigma) is 'n voël wat deel vorm van die naguil familie (Caprimulgidae).

Die donkernaguil is 27 cm lank. Dit is 'n naguil wat van bo af relatief donker is met 'n fyn afwisselend swart en grys​​ patroon. Dit kamoefleer die donkernaguil op rotsplate.

Die donkernaguil kom versprei deur Afrika voor maar veral ten suide van die Sahara in rotsagtige gebiede in savannas.

Dit voed hoofsaaklik op kewers en motte en het die grootste bek van al die naguiltjies. Dit is in staat is om insekte van 3,5 cm lank in te sluk. Dit maak nes in natuurlike holtes in rotse waar dit eiers lê, wat vir 18-20 dae deur beide ouers uitgebroei word. Die kuikens word deur albei ouers versorg en so gekamoefleer is dat hulle met die omliggende rotse saamsmelt.

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF