Polypodiaceae is ’n familie varings wat meer as 60 genera insluit en sowat 1 000 spesies bevat. Byna almal is epifiete (lugplante), maar nie almal nie.[1]
Die stamme van Polypodiaceae-plante wissel van regop tot kruipend. Die blare is volledig, veerspletig[2] of gevurk. Die blaarstingels het nie steunblare nie. Die skubberige wortelstokke is gewoonlik kruipend.
Die plante kom in nat klimaatstreke voor, veral in reënwoude. In gematigde streke groei die meeste spesies óf op ander plante óf op rotse.[1]
Twee bekende varings in die familie is Pleopeltis polypodioides en Phlebodium aureum.[1]
Polypodiaceae is ’n familie varings wat meer as 60 genera insluit en sowat 1 000 spesies bevat. Byna almal is epifiete (lugplante), maar nie almal nie.