dcsimg

Burchell se rooivlerkie ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Burchell se rooivlerkie (Pseudobarbus burchelli) is 'n varswatervis wat hoofsaaklik voorkom in die Breederivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit staan ook bekend as die Breederivier-rooivlerkie en in Engels as Burchell's redfin.

Voorkoms

Die onvolwasse en jong volwasse visse is olyfbruin met verskeie vlekke en kolle, wat 'n gebroke streep vorm, op die lyf. Die gebroke streep eindig in 'n driehoek op die basis van die stertvin. Volwasse visse wat paar se kleur verdonker na 'n donker olyfbruin met die onderkant wat lig bly. Daar is twee pare baarde om die mond en volwasse visse het tuberkels op die kop. Die vis word tot 135 mm lank.

Habitat

Die vis leef in poele en die dieper vloeiende gedeeltes van die groter sytakke en die hoofstroom. Hulle vreet detritus en klein organismes vanaf die bodem en paar in die somer. Die kleiner vissies leef in skole saam en die volwasse vissies in kleiner groepe.

Bewaringstatus

Die vis is 'n kritiek bedreigde spesie aangesien sy habitat verklein word as gevolg van die ontwikkeling van dorpe, landbou en industrieë. Ingevoerde eksotiese visse teer op die vis as prooi.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF

Burchell se rooivlerkie: Brief Summary ( Afrikaans )

wikipedia AF tarafından sağlandı

Burchell se rooivlerkie (Pseudobarbus burchelli) is 'n varswatervis wat hoofsaaklik voorkom in die Breederivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit staan ook bekend as die Breederivier-rooivlerkie en in Engels as Burchell's redfin.

lisans
cc-by-sa-3.0
telif hakkı
Wikipedia skrywers en redakteurs
orijinal
kaynağı ziyaret et
ortak site
wikipedia AF