Die Noordwes-Afrikaanse jagluiperd (Acinonyx jubatus hecki), ook bekend as die Sahara-jagluiperd, is 'n skaars, kritiek bedreigde jagluiperd-subspesie wat hoofsaaklik in die grondgebied van Noord-Afrika voorkom, onder meer Algerië, Togo, Mali, Benin en Burkina Faso. Die totale bevolking kan selfs minder as 250 volwasse individue wees.[2]
Die stapelvoedsel van die Noordwes-Afrikaanse jagluiperd bestaan kenmerkend uit wildsbokke wat tot die droëlandgebied aangepas is, soos die addaks, die dorkasgasel, die duingasel en die damagasel. Dit kan ook op kleiner diersoorte jagmaak, soos hase.
Die Noordwes-Afrikaanse jagluiperd is gewoonlik alleenlopend en semi-nomadies. Klein groepe kan wel voorkom, soos 'n jagluiperdwyfie en haar welpe of koalisies bestaande uit jagluiperdmannetjies, wat meestal 'n baie klein territorium beslaan. Die grondgebied van die wyfies is in gebiede geleë met 'n groot getal prooi, wat daardeur ook die mannetjies se grondgebied bepaal. Daar word aangevoer dat hulle rondom die Sentraalwestelike Saharawoestyn en Sahelstrook in klein splintergroepe verspreid is. Navorsers dui daarop dat die grootste van hierdie bevolkings in die Ahaggar-hooglandgebied van Algerië voorkom, ewenwel die bewysstukke van die 2009-verslag op vier indiwidue en beperkte data geskoei is.[3]
Die Noordwes-Afrikaanse jagluiperd (Acinonyx jubatus hecki), ook bekend as die Sahara-jagluiperd, is 'n skaars, kritiek bedreigde jagluiperd-subspesie wat hoofsaaklik in die grondgebied van Noord-Afrika voorkom, onder meer Algerië, Togo, Mali, Benin en Burkina Faso. Die totale bevolking kan selfs minder as 250 volwasse individue wees.