dcsimg

Eekhoring ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Eekhoring is die volksnaam vir 'n knaagdier van die familie Sciuridae (van die Grieks skia wat "skaduwee" beteken en oura wat "stert" beteken; met ander woorde, "die stert wat 'n skaduwee werp"). Eekhorings word wyd aangetref: in Europa, Asië, Noord- en Suid-Amerika, en in Afrika.

Kos en eetgedrag

Die eekhoring is amper sinoniem met die versameling en berging van neute vir die winter. Die dier is geneig om die neute te bêre, waarookal dit kans kry om dit te versteek, maar het 'n baie goeie geheue vir die plekke waar dit die neute weggesteek het.

Anders as hase en wildsbokke kan 'n eekhoring nie vesels soos sellulose verteer nie, en maak dit dus staat op kosse ryk in proteïen, koolhidrate en vet. Vroeglente is die moeilikste tyd van die jaar vir die eekhoring; die neute begin uit te spruit en is dus nie meer as voedselbron beskikbaar nie, maar dit is nog te vroeg vir ander kosse. Die dier vreet gedurende hierdie tyd hoofsaaklik die botsels van die bome in hul omgewing.

Die eekhoring is inderdaad 'n omnivoor; dit eet benewens 'n wye verskeidenheid plantkos, ook insekte, eiers, en selfs klein voëls, ander klein soogdiere, en paddas.

Die eekhoring is slim; dit is berug daarvoor om uit voëlvoerders te eet, of tuis te voel in beskutte strukture soos solders.

 src=
'n Eekhoring wat 'n neut aan't eet is

Die eekhoring word weens sy gewoonte om te knibbel aan eetbare en oneetbare voorwerpe dikwels beskou as 'n pes. Dié gewoonte help om die eekhoring se tande skerp te hou en af te slyt. (Baie soorte knaagdiere se tande hou aan met groei).

'n Eekhoring kan makgemaak word om uit 'n mens se hand te eet. Dit is nie 'n raadsame ding om te doen nie, want die dier kan siekte dra.

Eekhorings as kos

Tot onlangs toe is eekhoringvleis as 'n soort wildsvleis in sekere gedeeltes van die Verenigde State beskou. Dit word geredelik as plaasvervanger vir haasvleis of hoender in resepte gebruik.

Galery

Bron

Eksterne skakels

Sien ook

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Eekhoring: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Eekhoring is die volksnaam vir 'n knaagdier van die familie Sciuridae (van die Grieks skia wat "skaduwee" beteken en oura wat "stert" beteken; met ander woorde, "die stert wat 'n skaduwee werp"). Eekhorings word wyd aangetref: in Europa, Asië, Noord- en Suid-Amerika, en in Afrika.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF