dcsimg

Platycephalidae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Platkoppe (Platycephalidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Scorpaeniformes behoort. Daar is ongeveer agttien genera met drie en sestig spesies in hierdie familie. Twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

 src=
Platycephalid.
 src=
Papilloculiceps longiceps

Die familie se lyf is lank en die koppe plat en die lyf is bedek met skubbe. Die familie het twee dorsale vinne. Die bekken vinne is agter die pektorale vinne se basis. Die grootte wissel van 12 – 100 cm.

Habitat

Die familie leef op sanderige bodems en naby koraalriwwe in water wat tot 300 m diep is en eet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die familie gebruik hul kamoeflerings vermoë om prooi te vang en weg te kruip van ander roofvisse.

Genera

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Cociella
  • Cociella punctata
  • Cociella heemstrai
  • Papilloculiceps
  • Platycephalus

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Platycephalidae: Brief Summary ( Afrikaans )