dcsimg

Sjokoladedoop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Sjokoladedoop (Chromis dimidiata) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Chocolate dip.

Voorkoms

 src=
Sjokoladedoopvissies saam met ander ongeïdentifiseerde spesies.

Die vis se kop en voorste helfte van die lyf, die pektorale- en bekkenvinne en die eerste gedeelte van die dorsale vinne is bruin en die res (stertvin, analevin en lyf) is wit. Daar is 'n donker kol op die basis van die pektorale vinne. Die vis word 9 cm groot.

Habitat

Die vis verkies tropiese en subtropiese koraal- en rotsriwwe om in te leef tot op dieptes van 40 m. Hulle eet soöplankton en ook klein skaaldiere.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sjokoladedoop: Brief Summary ( Afrikaans )