dcsimg

Bergaandblom ( африканс )

добавил wikipedia AF

Die bergaandblom[1] (Gladiolus tristis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Dit is 'n meerjarige geofiet wat 60 – 90 cm hoog kan word en stam uit vogtige plekke van die kus tot in die berge. Die plant kan deur sy saad of deur sy knolle vermeerder word en het groot welriekende blomme.[3]

Hierdie spesie was een van die eerste van die genus Gladiolus wat in Europa ingevoer is. In 1745 verskyn dit in Chelsea Physic Garden in Londen, Engeland. Die plant word as snyblom gekweek. Daar is nou talle hibride soos die colvillei-hibride wat uit G. tristis en G. cardinalis ontstaan het.[4]

Fotogalery

Verwysings

  1. ook: reebokblom, rooi-afrikaner
  2. SANBI-rooilys.
  3. Plant world seeds.
  4. Flower Crops: Cultivation and Management A. K. Singh, New India Publishing, 2006, ISBN 8189422359, ISBN 9788189422356 bls. 149
лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF

Bergaandblom: Brief Summary ( африканс )

добавил wikipedia AF

Die bergaandblom (Gladiolus tristis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n meerjarige geofiet wat 60 – 90 cm hoog kan word en stam uit vogtige plekke van die kus tot in die berge. Die plant kan deur sy saad of deur sy knolle vermeerder word en het groot welriekende blomme.

Hierdie spesie was een van die eerste van die genus Gladiolus wat in Europa ingevoer is. In 1745 verskyn dit in Chelsea Physic Garden in Londen, Engeland. Die plant word as snyblom gekweek. Daar is nou talle hibride soos die colvillei-hibride wat uit G. tristis en G. cardinalis ontstaan het.

лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF