dcsimg

Maroela ( африканс )

добавил wikipedia AF

 src=
Groen maroelavrugte.

Die maroela (Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst) is 'n medium-grootte boom wat inheems is aan die miombo bosveld van Suider-Afrika en die Sudano-Sahelianreeks van Wes-Afrika. Dis 'n enkelstam boom met 'n wye kroon en kenmerkende grys bas. Die maroela groei tot 18 m hoog en word meestal aangetref in oop bosveld. Die vrug van die maroela word gebruik in die bekende Amarula likeur. Die bome word nie gekweek nie; die vrugte word geoes vanaf wilde bome. Die vrug het 'n ligte geel skil, wit vleis ryk in vitamien C, en 'n groot pit. Dit is sappig wanneer dit geëet word. Maroelas behoort aan die plantfamilie Anacardiaceae.

Die Maroelaboom

Die maroelaboom (Sclerocarya caffra) behoort tot dieselfde familie as die mangoboom (Anacardiaceae). Die boom is inheems in Suid-Afrika maar word ook in groot dele van Afrika aangetref. Die boom se vrug is soet en vrank en kan gebruik word vir die maak van konfyt of gefermenteerde drank. Bobbejane, ape en olifante eet die vrugte graag.

Die Maroelaboom (Sclerocarya caffra) is 'n inheemse boom wat algemeen in Natal en Gauteng aangetref word. Die boom kom ook in Mosambiek en Zimbabwe en so ver noord as Ethiopië en die Soedan voor. Maroelabome word gewoonlik in warm dele en in sand- of leemgrond aangetref. Die boom is 9 tot 20 m hoog en het 'n ronde, blougroen kruin. Die stam is regop en die bas is gryserig.

Daar is 3 tot 4 paar saamgestelde blare en ʼn terminale blaar word aan die takkies gedra. Die blare is glad en ovaalvormig, loop spits af in ʼn afgestompte punt en is donkerder aan die bokant. Die blomme is meestal eenslagtig en onopvallend. Hulle verskyn gedurende die lente aan die punte van die takkies. Aparte manlike en vroulike bome word meestal aangetref, maar soms word manlike en vroulike blomme aan dieselfde boom gedra.

Die manlike blomme word aan lang are gedra en die vroulike blomme in groepies van 2 tot 3 aan kort, dik stingels gedra. Die kelkblare is donkerrooi en die kroonblare is pienk tot geel. Die vrugte is ovaalvormig en 3 tot 4 cm lank met 'n wit, slymerige lagie vleis am die groot, harde pit. Die pit bevat 2 tot 3 neutagtige sade. Die skil is taai en geel wanneer die vrug ryp is.

'n Jellie-agtige konfyt kan van die vrug gekook word. Die sade bevat baie olie wat vir allerlei doeleindes aangewend kan word. Die pitte word soms gemaal en as 'n soort pap geëet. Bobbejane, ape en olifante eet die vrug graag. Hoewel die hout nie baie sterk is nie, kan meubels, vloerplanke en skoenhakke met welslae daarvan gemaak word. Vroeër is baie bome vir die doel gekap, maar deesdae word die maroelaboom by wet beskerm en word die hout selde gebruik.

 src=
'n Maroelaboom in die Krugerwildtuin.

Algemene name: maroela (Afrikaans), Boran (Kenia) – didissa ; Engels – jelly plum, cat thorn, morula, cider tree, marula, maroola nut/plum; Hausa – dania; Kamba (Kenia) – muua; Kwangali – ufuongo; Lovedu – marula; Maasai (Kenia) – ol-mangwai; Meru (Kenia) – mura; Ndebele – iganu, ikanyi, umganu, umkano; Pedi [vrugte] – lerula, marula; Pedi [boom] – morula, merula; Pokot (Kenia) – oruluo; Portugees (Mosambiek) – canhoeiro; Ronga (Mosambiek) – ncanhi; Sebei (Kenia) – katetalum; Shangaan – nkanyi, inkanyi; Shona – mutsomo, mukwakwa, mushomo, muganu, mupfura; Shona [vrugte] – pfura; Shona [boom] – mufura, mafuna, marula; Swahili, Diga (Kenia) – mngongo; Swati – umganu; Swazi – umganu; Tonga – tsua, tsula, umganu; Tswana – morula; Tugen (Kenia) – tololokwo; Zoeloe [vrugte]- amaganu, [sade] – umganu, [boom] – umganu.

Gebruike

  • Die sade is ryk aan proteïen en vet en is 'n belangrike noodskos.
  • Die vrugte word algemeen vars geëet of gebruik in die voorbereiding van sap en alkoholiese drankies.
  • Maroela-olie, wat gemaak word uit die saad, word gebruik as velsorgolie. Dit is ryk in antioksidante en oleïensuur.
  • Die bas word gebruik in die behandeling en voorkoming van malaria. Die gom van die stam word gemeng met water en as en dan gebruik as ink deur sekere plaaslike inwoners.
  • Die bas bring ook 'n rooibruin kleursel voort wat gebruik word om tradisionele ware te kleur. Die blare word gekou om te help met slegte spysvertering.
  • Die vrugte word beskou as 'n baie effektiewe insekdoder en gebruik om vee te dip en te beskerm teen bosluise.
  • Die blare kan gekou word om sooibrand te verlig
  • Die vrug van die maroela het bekendheid verwerf in die film Animals Are Beautiful People deur Jamie Uys en vrygestel in 1974. In die film is verskeie wilde diere uitgebeeld wat dronk geword het nadat hulle gefermenteerde maroelavrugte geëet het. Latere navorsing het getoon dat dit hoogsonwaarskynlik is dat dit werklik kan gebeur.
  • Olifante sal 'n reuse hoeveelheid gefermenteerde maroelas moet eet om enige effek te toon, en ander diere verkies die ryp vrugte. Die hoeveelheid water wat daagliks deur olifante gedrink word sal ook die effek van die vrugte in so 'n mate verdun dat hulle nie daardeur geraak sal kan word nie.
  • Aftreksel van die binne-bas van die maroelaboom kan aangewend word om die pyn wat deur skerpioensteke en slangbyte veroorsaak word te verlig.

Sien ook

Verwysings

лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF

Maroela: Brief Summary ( африканс )

добавил wikipedia AF
 src= Groen maroelavrugte.

Die maroela (Sclerocarya birrea (A. Rich.) Hochst) is 'n medium-grootte boom wat inheems is aan die miombo bosveld van Suider-Afrika en die Sudano-Sahelianreeks van Wes-Afrika. Dis 'n enkelstam boom met 'n wye kroon en kenmerkende grys bas. Die maroela groei tot 18 m hoog en word meestal aangetref in oop bosveld. Die vrug van die maroela word gebruik in die bekende Amarula likeur. Die bome word nie gekweek nie; die vrugte word geoes vanaf wilde bome. Die vrug het 'n ligte geel skil, wit vleis ryk in vitamien C, en 'n groot pit. Dit is sappig wanneer dit geëet word. Maroelas behoort aan die plantfamilie Anacardiaceae.

лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF