dcsimg

Geelblom ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die geelblom (Cineraria saxifraga) is 'n klein, laaggroeiende struikie wat dikwels in tuine as 'n grondbedekker gebruik word. Dit dra geel blommetjies in die lente en het klein heldergroen blare wat amper soos hande lyk.

Tuinbou

Hierdie immergroen plantjie kan in die son of halfskadu geplant word. Dit begin naby die einde van die winter reeds blom, en bereik 'n hoogtepunt gedurende die lente.

Dit benodig min water en groei ook goed in houers en hangmandjies.

Hierdie plant moet nie gesnoei word nie, aangesien dit moeilik herstel daarna. Die plantjies lyk net vir 'n paar jaar mooi en moet dan vervang word wanneer hulle houterig begin word.

Voortplanting geskied deur steggies. Steggies vorm maklik wortels in klein potjies sand.

Bron

Eksterne skakels

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Geelblom: Brief Summary ( afrikaans )