dcsimg

Witvis ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Witvis (Barbus andrewi) is 'n vis wat in die Bergrivier en die Breederivier-stelsels in Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Berg-Breede river whitefish, soms ook as die Cape whitefish.

Voorkoms

Die onvolwasse vissies is silwer met onreëlmatige vlekke op terwyl die volwasse visse donker olyfkleurig is aan die bokant, goudkleurig aan die kante en roomkleurig aan die onderkant is. Die vis word tot 60 cm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3.407 kg.

Habitat

Die vis leef in diep rotspoele van groter sytakke en hoofstrome. Hulle oorleef ook in die Voëlvlei- en Groter Brandvleidamme. Die vis vreet ongewerweldes wat op die bodem voorkom en ook alge. Hulle broei in die somer. Die eiers word in vloeiende water gelê en broei na ongeveer vyf dae uit.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Witvis: Brief Summary ( afrikaans )