dcsimg
Image de violet stolon
Life » » Animaux » » Tunicata » » Pyuridae »

Violet Stolon

Pyura stolonifera (Heller 1878)

Rooiaas ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Rooiaas (Pyura stolonifera) is 'n manteldier of sakpyp wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Beskrywing

Pyura stolonifera is 'n volop alleenstaande tussengetybewoner wat tot die klas Ascidiacea behoort. Dit is 'n pienk tot rooierige dier omhul in 'n dik, taai, leeragtige donkerbruin mantel met 'n verrimpelde bruin bedekking. Dit is gewoonlik dik oortrek met ander korsvormende organismes.

Filtersuiers

Die dier het twee suiers aan sy bokant wat gebruik word vir filtervoeding. Die een suier suig seewater in wat gefiltreer word in die dier en die afvalwater word dan deur die ander uitblaassuier uitgespuit. Dit het groot insuig- en uitblaassuiers met 'n effens geskulpte rand, gewoonlik naby aan mekaar geplaas.

Voorkoms en grootte

Dit kom voor in rotsagtige gebiede in die laagwatersone tot ten minste 10 m onderwater, waar dit tot meer as 15 cm in hoogte kan groei. Die beste manier om rooiaas op te spoor tussen rotse, is om op te let na die straaltjies water wat luglangs gespuit word wanneer 'n brander terugtrek see in.

 src=
Rooiaas is 'n ekostelsel-ingenieur wat tussengety-kushabitat drasties kan verander. Digte kolonies soos dié op die foto kan ondergeskikte spesies domineer, en ook 'n habitat vir ander organismes verskaf.

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Rooiaas: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Rooiaas (Pyura stolonifera) is 'n manteldier of sakpyp wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF