Die doring-ansjovis (Stolephorus holodon) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Algoabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Thorny anchovy.
Die vis het 'n silwer streep langs die sye en daar is 6 - 8 skerp naalde onder die pens net voor die bekkenvinne. Die vis word 8 cm lank.
Die vis verkies strandmere om in te leef, eet plankton en het geen kommersiële waarde nie. Hulle skiet kuit in die somer.
Die doring-ansjovis (Stolephorus holodon) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Algoabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Thorny anchovy.