dcsimg

Zambezikurper ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Zambezikurper (Pharyngochromis acuticeps) is 'n varswatervis wat voorkom in die Zambezi-, Okavango- en boonste gedeelte van die Saverivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi river bream.

Voorkoms

Die vis is bruin met swart vertikale bane oor die lyf en helder groen skakerings. Die skubbe op die lyf is donker rooi in die middel met oranje-rooi rante. Daar is bruin kolle op die stertvin en die analevin het 'n oranje rant met helder oranje kolle op. Die vis word tot 220 mm lank.

Habitat

Die vis word in 'n groot verskeidenheid habitatte aangetref waar daar gewoonlik beskerming is soos plante of boomwortels. Hulle vreet insekte, vissies en eiers en larwes van ander vissies. Hulle is weer die slagoffers van kormorante. Die wyfie is 'n mondbroeier en lê haar eiers in die somer.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Pharyngochromis acuticeps

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

  1. Greenwood, P. H., 1979. Towards a phyletic classification of the 'genus' Haplochromis (Pisces, Cichlidae) and related taxa. Part 1. Bull. Br. Mus. (Nat. Hist.) Zool. v. 35 (núm. 4): 265-322.
  2. BioLib (en)
  3. Steindachner, F., 1866. Ichthyologische Mittheilungen. (IX.). Verhandlungen der K.-K. zoologisch-botanischen Gesellschaft in Wien v. 16: 761-796, Pls. 13-18.
licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF

Zambezikurper: Brief Summary ( afrikaans )

fourni par wikipedia AF

Die Zambezikurper (Pharyngochromis acuticeps) is 'n varswatervis wat voorkom in die Zambezi-, Okavango- en boonste gedeelte van die Saverivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi river bream.

licence
cc-by-sa-3.0
droit d’auteur
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visiter la source
site partenaire
wikipedia AF