dcsimg

Kinaboom ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Kinaboom (Rauvolfia caffra) is 'n klein tot middelslag boom. Die boom kom voor noord van Oos-Londen tot in Gauteng, Mpumalanga, en Limpopo. Hulle word altyd naby water gevind aan stroom-oewers. In Engels staan die boom bekend as die Quinine-tree.

Blare

Die blare word in kranse van drie tot vyf gedra en die blaarrande neig om met die blaarsteel saam te smelt.

Vrugte

Die vrugte word in pare on enkel gedra en is vlesig, ongeveer 13 cm in deursnee. Die vrugte word swart en verrimpel wanneer hulle ryp is.

Medisinale waarde

Die sap van die boom is melkerig, dun en bitter. Dit was voorheen teem malaria gebruik maar word tans as ondoeltreffend beskou. Die wortelbas bevat reserpien wat as kalmeermiddel gebruik word en ook teen hoë bloeddruk.

Sien ook

Bron

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Kinaboom: Brief Summary ( afrikaans )