dcsimg

Zambezi-knorbaber ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Zambezi-knorbaber (Parauchenoglanis ngamensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier in Suider-Afrika. Buite Suider-Afrika kom die vis ook voor in die Kasairivier in die Kongorivier-stelsel. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi grunter - in die Caprivi staan die vis bekend as die Knorhaan.

Voorkoms

Die vis se kop en rug is geel/olyf bruin, wat ligter tot ‘n ligbruin of wit maag word met verspreide swart kolle en verskeie vertikale strepe wat bestaan uit swart kolle oor die lyf. Daar is ook swart kolle op die vinne.

Die skubbe is mikroskopies klein in slym.

Die dorsale en pektorale vinne is sterk met strale in. Die vetvin agter op die rug is prominent en die stertvin is baie goed ontwikkel en bolrond. Beide die borsvin en die rugvin het ‘n sterk, baie skerp, stekel.

Die kop is groot, ietwat plat en gepunt met vlesige lippe, maar die oë sit ver terug. ‘n Niervormige kol klein tandjies is in die bokaak teenwoordig. Daar is drie pare baarde om die mond met die buitenste paar die langste. Die vis word tot 380 mm lank.

Habitat

Die vis leef in rotsagtige areas of minder digte plantegroei in stadig vloeiende riviere of mere; hulle skuil soms ook onder bome. Hulle vreet klein vissies en ongewerweldes soos slakke en insekte. Die wyfie lê min maar relatiewe groot eiers. Die vis 'knor' wanneer dit uit die water gehaal word.

Hulle word snags gevang, waar dit op die bodem wei. Erdwurms, klein vleisaas, visaas en insekte is geskik. Hulle is baie gulsiger as die ander knorvisse – twee hoeke, twee visse.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

  1. Boulenger G. A., 1911. Catalogue of the fresh-water fishes of Africa in the British Museum (Natural History). Londen. Cat. Fresh-water Fish. Africa. v. 2. i-xii + 1-529.
  2. BioLib (en)
  3. Boulenger, G. A., 1911. Catalogue of the fresh-water fishes of Africa in the British Museum (Natural History). Londen: v. 2: i-xii + 1-529.
  4. Catalogue of Life (en)
lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF

Zambezi-knorbaber: Brief Summary ( afrikaans )

tarjonnut wikipedia AF

Die Zambezi-knorbaber (Parauchenoglanis ngamensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier in Suider-Afrika. Buite Suider-Afrika kom die vis ook voor in die Kasairivier in die Kongorivier-stelsel. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi grunter - in die Caprivi staan die vis bekend as die Knorhaan.

lisenssi
cc-by-sa-3.0
tekijänoikeus
Wikipedia skrywers en redakteurs
alkuperäinen
käy lähteessä
kumppanisivusto
wikipedia AF